NewsSchools

Lucas Meyer Primêre Skool – LMS se eie water storie

Daar is gou aanvaar dat mnr Rodrigues seker deur Vryheid sou reis oppad kus toe, en die water net gou by die skool sou aflewer. Groot was ons verbasing egter toe hy die Donderdag by die skool opdaag met 200 liter water agter in sy voertuig en dat LMS sy eindbestemming is!

DIE tekort aan water in Vryheid is op almal se lippe.

LMS het egter sy eie water storie wat ‘n mens diep raak.‘n Water storie wat ‘n mens weer laat nadink oor omgee vir mekaar.

Vroeg verlede week het die skool ‘n oproep uit Nelspruit ontvang van ‘n mnr Alex Rodrigues ontvang met die versoek of hy vir die skool water mag bring. Daar is gou aanvaar dat mnr Rodrigues seker deur Vryheid sou reis oppad kus toe, en die water net gou by die skool sou aflewer. Groot was ons verbasing egter toe hy die Donderdag by die skool opdaag met 200 liter water agter in sy voertuig en dat LMS sy eindbestemming is!

Hy en sy vriend, Mathys Cawood, is twee jong mans wat getuienis vir die Here lewer en volgens hulle geroepe was om spesiaal vir LMS water te bring, al die pad van Nelspruit af! Hulle het vroeg die volgende oggend weer huiswaarts gekeer en ‘n besielende boodskap in almal se harte by LMS agtergelaat.

Tennis: Die Vryheid Streek Tennisproewe het verlede week plaasgevind. Agt van LMS se leerlinge het deelgeneem en Anika Smit het die streekspan gehaal. Geluk aan Anika en dankie aan die ander spelers wat LMS se naam ook hoog gehou het en aan mev Brigitte Niebuhr wat die reelings getref het.

Atletiek: Die byeenkoms vir velditems is verlede week in perfekte weersomstandighede aangebied. Geluk aan al die leerlinge wat met oorgawe deelgeneem het. Baie dankie aan al die ouers wat hul kinders kom ondersteun het.

LMS groet juf Botha: LMS het op gepasde wyse afskeid geneem van juf Botha wat vir 30 jaar aan die skool verbonde was. Sy het haar werk met oorgawe gedoen en werklik omgegee vir elke leerling.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button