NewsSchools

NRS betrokke by die gemeenskap

Dit was vir ons seuns ‘n groot ervaring om gemeenskapsdiens te verrig, die erns van die waterkrisis te besef, en om die goedhartigheid van ander gemeenskappe te beleef. Die hoogtepunt was toe Darren Maule van East Coast Radio ‘n onderhoud met ‘n paar van die seuns gevoer het.

EAST Coast Radio het derduisende liters water ingesamel om Vryheid se waterkrisis te help verlig.

Op Vrydagoggend, 29 Januarie, het die reuse-vragmotor en sleepwa vol gebottelde water by die Klipkerk aangekom. NRS het gehoor gegee aan die oproep om te kom help aflaai.

By die kerksaal het NRS se Gr 6- en 7-seuns eers al die 2-literbottels wat vroeër geskenk is, na ‘n sentrale punt gedra. Daarna het hulle saam met die seuns van Hoërskool Pionier ‘n menslike vervoerband gevorm om die bottels water aan te gee, vanaf die vragmotor op die sirkelpad aan Kerkstraat se kant, oor die kerkterrein tot binne-in die kerksaal, waar dit opgestapel is.

Dit was vir ons seuns ‘n groot ervaring om gemeenskapsdiens te verrig, die erns van die waterkrisis te besef, en om die goedhartigheid van ander gemeenskappe te beleef. Die hoogtepunt was toe Darren Maule van East Coast Radio ‘n onderhoud met ‘n paar van die seuns gevoer het.

Games evening: A very successful games evening was held last Wednesday evening. It exceeded everyone’s expectations when about three hundred children turned up. Thank you to Miss A Cloete and her team for organising this great event.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button