Nuwe bestuur vir die Woonwakring
Die Algemene Jaarvergadering van die Noord-Natal Woonwakring het plaasgevind te Battlefields Karavaanpark op Saterdag, 23 Januarie.
Die Algemene Jaarvergadering van die Noord-Natal Woonwakring het plaasgevind te Battlefields Karavaanpark op Saterdag, 23 Januarie.
Die vergadering was goed bygewoon deur die lede.
Die volgende lede is tot die bestuur verkies:
– Voorsitter: Alfie Strijdom.
– Ondervoorsitter: Dawid Beetge.
– Sekretaresse: Charlene Scheepers.
– Tesourier: Wilna Myburgh.
– Publisiteitsbeampte: Cobus Beetge.
Die klub is 15 jaar gelede gestig deur ‘n groep woonwa- en tenteienaars wat nie elke naweek by die huis wou sit terwyl hulle woonwa of tent staan en stof vergader nie.
Persone wat die Woonwakring se sentimente deel, en diegene wat belangstel om lede te word van die klub, kan die volgende persone kontak: Alfie by 082 926 8526 of Dawid by 083 362 9317.



