Editor's choiceNewsSchools

Puik prestasie vir die DJS leerlinge

DJS EG Jansen Redenaars span Danae Strydom en Susan Gregory het aan die KZN EG Jansen finaal deelgeneem op 10 Maart by Werdaskool en die luisteraars uitstekend met styl oortuig dat Skooluniforms nie leerders se kreatiwiteit beperk nie

Gr 5 Leierskamp
Op 11 – 13 Maart het 11 Graad 5 leerder van DJS die Gr 5 Leierskapkamp bygewoon. Die kamp word deur die kajuitraad van die NKZ NG Kerke aangebied the ATKV Natalia.
Daar is gekamp, speletjies op die strand gespeel, spanbou items aangebied en stokbrode gebraai en baie lekker gekuier in die reën. Elke leerder wat die geleentheid bygewoon het, het ongelooflik gebaat by die geleentheid waar hul toegerus is om hul leierseienskappe te ontwikkel en geleer is om dit te gebruik in die hedendaagse samelewing. Alhoewel DJS nie onder die Top 10 skole in KZN geag word nie, is Susan Gregory aangewys as die Top Gr 5 dogtersleier van die kamp en Hein Müller het spesiale sertifikaat ontvang vir die beste leierskap.
DJS praat ‘n hond uit ‘n bos
DJS EG Jansen Redenaars span Danae Strydom en Susan Gregory het aan die KZN EG Jansen finaal deelgeneem op 10 Maart by Werdaskool en die luisteraars uitstekend met styl oortuig dat Skooluniforms nie leerders se kreatiwiteit beperk nie. Tydens die geleentheid is hul as naaswenners aangewys van die Junior Primêre afdeling vir Laerskole. Baie geluk, julle was puik!
DJS blink uit by Dundee Distrikte Rugbyproewe: Dundee Distrikte Rugbyproewe vir die 0/12 en 0/13 seuns is gehou op 14 Maart. Baie geluk aan elkeen wat gespeel het. DJS is trots op agt spelers wat gekies is vir die 0/13 span en sewe spelers wat gekies is vir die 0/12 span. 0/13: SW Meintjes, Mbuso Zungu, Konke Mkhaliphi, Bheka Hlatswayo, Estiaan Botes, Bulelo Gwebu, Sihawukele en Mundell Brown. 0/12: Ewald Engelbrecht, Reynier van Rensburg, Wikus Coetzee, Thokozani Nkosi, Heinrich Grobler, Gibson Sokhela, Isak Müller.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Terry Worley

Terry Worley has been associated with the Courier for many years and is involved in the community covering a variety of issues affecting residents. He has a passion for local politics and for the history of the area.

Related Articles

Back to top button