Volksrust Hoërskool se slimkoppe het deelgeneem aan die jaarlikse Wiskunde Olimpiade en hul uitstekend van hul taak gekwyt. Vyf leerlinge het uitmuntend presteer en vorder na die tweede rondte.
Die skoolhoof het gesê dit was lekker om te sien hoe die leerlinge dit geniet om uitdagende Wiskunde te doen.
– Carli Strydom, Wian Moolman en Nomfundo Nkosi is deur na die tweede rondte van die Wiskunde Olimpiade vir juniors.
– Tasneem Moolla and Tisha Willemse are through to the next round for seniors.
“Spesiale melding moet gemaak word van Tisha wat uitstekend gevaar het.”
Die skool wens die leerlinge sterkte toe.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!





