Lekker dinge by Pionier se geesvangweek
DAAR is ‘n tyd vir werk, leer en ook lekker dinge by Hoërskool Pionier.
DAAR is ‘n tyd vir werk, leer en ook lekker dinge by Hoërskool Pionier.
Pionier het lekker gees gevang die week en het Maandag tot Woensdag volgens ‘n tema aan te trek. Maandag was almal oupas en oumas. Dinsdag het almal uitgehang met snaakse hoede en kouse. Woensdag het almal se drome waar geword en kon hulle soos ‘superheros’ aantrek. Die onnies het ook intussen die kinders vermaak en met skoolklere by die skool opgedaag!
Pionier se Astrobaan: Op 11 Mei het die bou van Pionier se astrobaan amptelik afgeskop. Ons is baie opgewonde om hierdie baan se finale produk te sien en natuurlik te benut. Die hokkiespelers is uit hulle velle van opgewondenheid om te kan oefen en speel op hierdie baan.
Provinsiale Hokkieproewe: Baie geluk aan Wilma Gregory en Chantel Kriek wat ingesluit is by die o/16 Platteland Hokkiespan. Geluk ook aan Jhanthé Smuts wat gekies is as nie reisende reserwe vir die o/18 Platteland Hokkiespan.
KZN ringbal: Baie geluk aan Mevv S Herbst, A Herbst en ML le Roux wat verkies is tot die KZN A ringbal span. Mev S Herbst is die kaptein van die span. Mnre D Herbst en J Herbst is ook verkies tot die A span. Dan het ons ook nuus ontvang dat Natasha Kleyn, Geoanie Schwartz en Francois du Plessis in 2015 die beste spelers van die toernooi was. Baie geluk!
Fanie Boleurs: Meneer Fanie Boleurs het vir die eerste maal in twee jaar weer ons skool kom besoek en die kinders het met elke sessie aan sy lippe gehang. Hy het ware woorde gespreek en die kinders het baie by hom geleer. Hy het ons geleer dat ons die Here se naam moet groot maak en dat die Here ons daarvoor sal seën, en dat ons elke ding wat ons aanpak, in die Here se naam moet doen. Sjoe, ons geestelike koppies loop sommer weer oor hier by Pionier, dankie Oom!
Koshuisnuus: Die koshuisbrakke hou die koshuispersoneel besig en elke dag is pret by Pionier koshuis, want hier is almal familie. Die kinders gebruik elke stukkie spaar tyd wat hulle kan kry en is hard besig om voor te berei vir die eksamens en om te werk aan hulle sêr liedjies vir die koshuisweek wat voorlê in die derde kwartaal. Ons is opgewonde om te hoor wat hulle gaan oplewer.
Kalender
21 Mei – Pionier vs Vryheid Hoër
23-26 Mei – Pionier Kultuurweek
Also Read: Hoërskool pionier: welgedaan aan matrieks van 2015.
Find us on:Facebook, Twitter, and on Whats App 060 986 0731.



