Editor's noteLocal newsNews

Plaaslike boere hou bosberaad vir nuwe bestuur

Bennie van Zijl van TLU het sy boodskap ingekleur oor 'n bepaalde realiteit wat deur Georganiseerde Landbou in die gesig gestaar word en wat boere vandag moet doen om aanslae, veral van regeringskant, die hoof te bied.

Die streeksvergadering van TLU- SA was op die 31ste Mei by die Dundee Vendusiekrale soos gewoonlik gehou, en hier het die manne ook hulle nuwe ampsdraers gekies.
Herman de Wet, huidige voorsitter, het die leisels hier geneem.
Hy het die manifes van TLU – SA herbevestig, en volgens hom staan vandag se landbouers voor ‘n situasie waar hulle moet besluit of hulle glas halfvol of halfleeg is.
Herman het soos gewoonlik weer ‘n baie bemoedigende boodskap, met wenke, aan die teenwoordige lede gelewer.
‘n Halfvol glas en ‘n halfleë glas het albei ewe veel water in, maar die verskil kom in by die boer se ingesteldheid, sienig of benadering hoe hy hierdie situasie gaan benader, want geluk is nie ‘n bestemming nie, maar wel ‘n leefwyse.
Hy het die ou grensoorlog-analogie van die vyand in die digte bosse wat ons nie raaksien nie in die lede se midde geplaas, en gemeld dat hulle moet fokus op die vyand in en anderkant die bos, en nie net die oopkolle wat jy sonder moeite kan sien nie.
Hy het gesê, “Dis maklik om ‘n lang lys van negatiewe dinge in die land saam te stel, en hoe nader ons aan die verkiesing kom, hoe meer gaan daar skokkende verrassings na vore kom.”

Hy het sy aanslag in vier hoofde organiseer, naamlik die regsbank, mediavryheid, finansies en politiek.
Hy het voortgegaan deur ‘n verandering in boere se lewensuitkyk te bepleit, te konsentreer op die goeie wat in die media verskyn en dan op die goeie punte te konsentreer.
Hy het sy aanslag in vier hoofde organiseer, naamlik die regsbank, mediavryheid, finansies en politiek.
Niemand het ooit tien jaar terug kon dink dat ‘n vollge regbank in die Hooggeregshof eendag teen die president van die land sou kon beslis nie.
So het ook die Grondwetlike Hof met die uitspraak dat ten gunste van die Openbare Beskermer se verslag oor die geld wat vir die bou van Nkandla gebruik was, en dat die president nie die grondwet eerbiedig het nie.
Op landdrosvlak sou die objektiwiteit van die hof deur “Regstellende Aksie” negatief beïnvloed kon word, maar die internasionale gemeenskap sal regspraak op hoër vlak nou met arendsoë dophou.
Die grondwetlike bepalings oor mediavryheid is tans in lyn met internasionale erkende praktyk, en die media sal met moeite deur die regering gesnoer kan word.
Die plek van die RSA in die internasionale arena word nie meer betwis nie en daar is gevolglik talle kanale waardeur bepaalde boodskappe by ‘n gelekteerde teikenverhoor kan uitkom, en die TLU-SA gebruik dit.
Hy het ook verwys na die werk wat die Minister van Finansies, Pravin Gordhan deesdae doen.
“Ek haal my hoed af vir Minister Pravin Gordhan en dit wat hy in die openbaar sê.”
Die land se kapitale reserwes en bronne is besig om uitgeput te raak, en daar is mense wat dit besef.
“Die mentor van alle vryheidsvegters, nl. President Robert Mugabe van Zimbabwe maak ‘n bekentenis dat hy gefouteer het om die kommersiële boere se grond sonder vergoeding af te neem. Wie sou dit kon dink..?”
Bennie van Zijl van TLU het sy boodskap ingekleur oor ‘n bepaalde realiteit wat deur Georganiseerde Landbou in die gesig gestaar word en wat boere vandag moet doen om aanslae, veral van regeringskant, die hoof te bied.
In sy Pitkos vir die Boer het Herman gemeld dat TLU-SA het nie die regering se Landbouplan onderteken nie.
Op die Nasionale Waterforum is die geveg nog aan die gang oor wie vir die meters op elke waterpunt gaan betaal.
Die debat oor die Eskom-lynfooi is nog nie tot ‘n logiese konklusie gevoer nie.
Protokolle met die staat moet in plek wees waar hulle amptenare nie sonder toestemming of afspraak op die boer se grond kom nie. Identifikasie is noodsaaklik.

Boere moenie halsoorkop skiet nie, en veral nie as honde onder beheer is nie. ‘n Saak moet by die polisie aanhangig gemaak word onmiddellik na die skietvoorval.
Die nasionale minimumloon is nog ‘n nagmerrie waarvan die haalbaarheid steeds bevraagteken word. Die onmiddellike antwoord skyn te wees om arbeiders per uur te laat werk. Meganisering is ‘n al groterwordende opsie.
Die boer is nie ‘n welsynsagent nie, en ‘n tenderproses in terme van die verskaffing van arbeid kan ook struktuur verskaf.
Die bekom van permitte vir jag op die boer se grond is belangrik, en boere moet onthou om verwyderingspermitte op tyd uit te reik.
Die skiet van rondloper- en jaghonde op ‘n boer se grond bly ‘n probleem.
Daar is ‘n 70% plus kans dat ‘n boer ‘n probleem gaan optel as hy honde op sy grond skiet. Boere moet eers die polisie bel, OB-nommers kry, en getuies aanwesig hê.
Boere moenie halsoorkop skiet nie, en veral nie as honde onder beheer is nie. ‘n Saak moet by die polisie aanhangig gemaak word onmiddellik na die skietvoorval.
Aansoeke om prospektering op plaasgrond moet onmiddellik teengestaan word.
Dis bykans onmoontlik om die proses later omgekeer te kry.
Die ampsdraers van die hooftafel het onveranderd gebly – weer – en hierdie manne kan maar netsowel permanent aangestel word. Hulle is hier om te bly.
Die lede is Herman de Wet, voorsitter uMzinyathi Boerevereniging, en weer streeksvoorsitter TLU-SA, Morgan Gregory, voorsitter aMajuba Boerevereniging en Onderstreeksvoorsitter TLS-SA, Mort Mortassagne bly verantwoordelik vir Veiligheid, Nelis Moll is die voorsitter van die Zoeloeland Boerevereniging en Herman de Wet bly die RPO-verteenwoordiger. Die verrigtinge was afgesluit deur ‘n ete, wat deur Betsie en Irene de Wet georganiseer was.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Terry Worley

Terry Worley has been associated with the Courier for many years and is involved in the community covering a variety of issues affecting residents. He has a passion for local politics and for the history of the area.

Related Articles

Back to top button