‘n Welverdiende ruskans
MET die skole wat op 24 Junie vir die wintervakansie sluit, kry die leerlinge en personeel ‘n welverdiende ruskans.
MET die skole wat op 24 Junie vir die wintervakansie sluit, kry die leerlinge en personeel ‘n welverdiende ruskans.
Ons kyk terug op ‘n bedrywige kwartaal waar daar ook baie sukses behaal is. LMS het verskeie spelers in rugby, hokkie en netbal opgelewer wat hul distrikskleure ontvang het en wat ook op provinsiale vlak presteer het.
Ook op kultuurgebied is ‘n KZN-wenner opgelewer en verskeie leerlinge het buite die provinsie se grense in ruitersport, dans, stoei en karate mooi prestasies gelewer. Baie sterkte aan die leerlinge wat KZN die komende vakansie gaan verteenwoordig.
Biltongfees: Besoek gerus LMS se stalletjie op 25 Junie by die Pionier Biltongfees wat by Battlefields Lodge, net voor Dundee, gehou word. Verskeie gaskunstenaars tree op en die Biltongfees het iets om vir elkeen te bied.
Dankie: Na afloop van die tweede kwartaal is dit ‘n absolute vreugde om LMS se leerlinge te bedank vir hul aandeel en bydrae om van LMS ‘n wenskool te maak. Elke leerling wat ‘n bydrae op akademiese- kultuur- en sportgebied gelewer het en elke leerling wat hul maats ondersteun het, het gehelp om ons skool se naam uit te bou. So ook is die bydrae van elke leerling wat elke dag hul kant bring en die régte ding doen, onmisbaar vir LMS se sukses. Aan ons ouers wat die skool lojaal ondersteun, ook ‘n hartlike woord van dank. U samewerking en positiewe gesindheid is ‘n kleinnood wat gekoester word. Ons personeel is altyd bereid om meer as hul deel vir LMS se kinders te doen en verdien net die grootste lof. Die LMS-span sien uit na die derde kwartaal.
Program:
24 Junie – Skool sluit
25 Junie – LMS by Biltongfees
18 Junie – Skool heropen
Also read:LMS Rugbyweek om die draai |.
Find us on:Facebook, twitter, and on whats app 060 986 0731.



