NewsSchoolsSpeak Out, Khuluma, PraatYouth Revolution

Sarel Cilliers se koor besoek die Drakies

Verskeie Afrika liedjies het opmekaar gevolg en natuurlik afgesluit met "Shosholoza" waar ou koorlede hulle op die verhoog kon vergesel het.

Om 12:00 Woensdagmiddag het ‘n paar van ons koorlede vertrek om na die Drakensberg Seunskoor te gaan luister.
Ek dink nie hul het dit wat hul daar gesien en ervaar het verwag nie. ‘n Jong groep seuns met ‘n passie vir musiek en die liefde wat hul daarvoor het met elkeen in die gehoor te kan deel. Hulle het hul konsert begin met ‘n paar rustige liedjies en toe die gehoor se aandag heeltemal gevestig toe hul die temalied van Gladiator, “Now we are free” en One Republic se “I lived” gesing het, waar daar ‘n hoendervleis was en trane gesluk moes word. Gedurende pouse was ons bederf met koffie/tee en skons.

Choir members from Sarel Cilliers visiting the home of the Drakensberg Boys Choir.
Choir members from Sarel Cilliers visiting the home of the Drakensberg Boys Choir.

 

Nie lank daarna nie het die tweede helfte van die konsert begin waar die seuns in tradisionele klere en “Gumboots” op die verhoog gekom het. Verskeie Afrika liedjies het opmekaar gevolg en natuurlik afgesluit met “Shosholoza” waar ou koorlede hulle op die verhoog kon vergesel het.
Vir die kinders was dit ‘n ongelooflike ervaring en hulle sien vreeslik uit om volgende jaar weer te gaan luister.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button