Local newsMunicipalNewsBreaking News

AfriForum wen hofsaak teen eMadlangeni-munisipaliteit

AFRIFORUM het ’n kostebevel in die hooggeregshof in Pretoria teen die eMadlangeni Plaaslike Munisipaliteit bekom.

Uitgereik deur AfriForum

AFRIFORUM het ’n kostebevel in die hooggeregshof in Pretoria teen die eMadlangeni Plaaslike Munisipaliteit bekom.

Dié munisipaliteit is ook deur die hof verplig om inligting aan AfriForum te verskaf wat die organisasie ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Wetno 2 van 2000 – PAIA) aangevra het.

Dít volg nadat AfriForum reeds in 2015 die kwalifikasies van senior bestuursamptenare aangevra het, maar die inligting geweier is. Die organisasie was gevolglik genoop om die hof te nader. Die hof het beslis dat AfriForum hul regskostes vanaf die munisipaliteit mag terugeis en dat die munisipaliteit nie die inligting van die organisasie mag weerhou nie.

Die munisipaliteit het teen dié uitspraak appelleer, maar dit is deur die appèlhof van die hand gewys.

“Enige instansie, organisasie en/of lid van die publiek mag inligting van openbare liggame ingevolge PAIA-wetgewing aanvra. Suid-Afrikaanse burgers het die reg om te weet of diegene wat aan die stuur van ons land is wel bevoeg is om hul werk te doen,” sê Charles Castle, regs- en risikokoördineerder by AfriForum.

Castle sê voorts dat AfriForum deurlopend druk op munisipaliteite sal toepas om te verseker dat bevoegde personeellede op grond van meriete aangestel word.

“Suid-Afrika gaan gebuk onder swak dienslewering, die wanbesteding van belastinggeld en die wanadministrasie van munisipaliteite. Dit is dus vir AfriForum belangrik om te verseker dat die regte mense in die regte poste aangestel word om dié situasie te verbeter.”

If you have any interesting stories please send them to: estella@caxton.co.za or Contact us on: 034 981 39 30.

Also Find us on: FacebookTwitter, and on WhatsApp 060 986 07 31.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button