Pionier besoek die Vryheid Abattoir
OP Vrydag, September 16, vertrek 'n baie opgewonde groepie graad-10 Landbouwetenskapleerlinge na Vryheid Abattoir, of te wel, Meadow Meats.
Uitgereik deur Hoërskool Pionier
Graad 10 Landbouwetenskap uitstappie
OP Vrydag, September 16, vertrek ‘n baie opgewonde groepie graad-10 Landbouwetenskapleerlinge na Vryheid Abattoir, of te wel, Meadow Meats. Ons word vriendelik deur oom Robin Glenn, verwelkom. In sy kantoor verbreed hy ons kennis met al die interessante feite en beantwoord al ons vrae met die grootste geduld. Ons het met die alfa en omega van die slagproses, tot die insout van die velle, kennisgemaak. Die hoogtepunt was toe ons selfs toegelaat is om bibberend binne-in die enorme koelkas te kon voel hoe voel -18 grade Celcius. Baie dankie, oom Robin. Ons Pioniers het heerlik gekuier!
Wêreldkennis Olimpiade
Een en twintig van Pionier se leerlinge het deelgeneem aan die Wêreldkennis Olimpiade 2016. Hulle ontvang almal sertifikate vir hul deelname. Lourens Greyling (gr 12) is aangewys as Pionier se top leerling, Ankia Saayman (gr 11) tweede en Chane Taute (gr 9) derde.
Reuniegroep 1986
‘n Pragtige groep oud Pioniers besoek Pionier tydens die eerste week van die vakansie. Ons wil by voorbaat welkom sêaan ons besoekers uit die verlede. Dit sal die derde groep oud Pioniers wees wat Pionier besoek. Ons glo dat al die positiewe groei hulle almal sal inspireer om Pionier bo aan hul prioriteitslysie te hou. Baie welkom klas van 86!
Kalender
28 September 2016 : Proefeksamen afgehandel
30 September 2016 : Skool sluit
If you have any interesting stories please send them to: estella@caxton.co.za or Contact us on: 034 981 39 30.
Also Find us on: Facebook, Twitter, and on WhatsApp 060 98 60731.



