Nuwe hashtag #: Jamstelers en Plakkaatprinse
ou, die donker kant van die maan-brigade, die grensvegters, word gewoonlik met so een of twee vaderlike teregwysings terug op die man gehelp, maar die plakkaatprinse moet man maar so bietjie afblaas. Dan is daar weer ruimte vir ons klein vissies in hierdie dam

Daar is ‘n woord in die woordeboks van oumanne. Hulle praat van ‘n jamsteler. Die Amerikaners het dit as ‘n misdaad verklaar, en hulle noem die gesteelde dapperheid. Dis nou as jy jouself uitdos in ‘n uniform waarin jy nie hoort nie, met rang- en vaardigheidskentekens wat jy nie verdien het nie. Daar is heelwat sulke jamstelers vandag. Ons sien hulle in die regering van die dag, ons sien hulle in kroeë en langs rugbyvelde, en ons sien hulle veral in raadsale.
Hier sluip so ‘n paar siele rond wat na die derde bier ‘n groot grensvegter word, met die gepaardgaande gruverhale en weggesteekte persoonlike rekords, en dan het hulle babas geëet, ou broer. Dis om van te gril. Een of twee was al op die maan, het treine vir die CIA bestuur, en staan in direkte kontak met die Wit Huis. Dis nou daai ene in Pennsylvania Avenue, as jy nie mooi verstaan het nie.
Ek is nou geen sielkundige nie, maar dis ‘n hoenderhaanding, hierdie.
Jy weet, een hoenderhaan alleen op die jaart, en hy trap so wyd en hoog soos die genade hom toelaat, maar laat daar nou nog een kom, dan raak sake diknek…die manne trek strepe in die sand.
Vodacom-advertensie van ou Errol gesien…??? E-r-r-r-o-o-l-l-l…..!!! Gil daai ou antie as Errol die gras moet kom sny. Hy slaat op vlug as die wêreld warm word, en gaan kruip in gate weg. Pure Aap. Hoenderhaandinge…..
Dundee is maar ‘n klein werfie, en die hoenderhane hier trek partykeer mekaar se strepe dood. Het jy al ‘n boos hoender gehoor…?? Ek sit nou en dink dat die Tarentaal se ou Wyfietarentaal ‘n wye streep oor sy smoelwerk gaan trek as sy hom vang rook, die ou bliksem.
Aap was so ‘n ou jamsteler. Miesies Aap het hom ook gereeld gebliksem oor sy suipery, maar dit het hom net harder laat gooi. Het jy al die Vodacom-advertensie van ou Errol gesien…??? E-r-r-r-o-o-l-l-l…..!!! Gil daai ou antie as Errol die gras moet kom sny. Hy slaat op vlug as die wêreld warm word, en gaan kruip in gate weg. Pure Aap. Hoenderhaandinge…..
Oom Schalk Lourens sal ‘n feestelike dag hier in Tarentaalstraat hê, veral as die jamstelers voor die Charlie Pappa beginne draai, en ou Dev so ‘n staalglim in die oog beginne kry. Dan het jy natuurlik die Plakkaatprinse. Ons moet hulle tog nie vergeet nie, die manne sal darem in die gesig gevat voel. Dis nou al daai janne wat die beste in hierdie geweste is in verdomp alles wat hullle doen. Man, nie eers ‘n magistraat kan hom die les uitspel nie.
My oorlede ou vader het altyd gepraat van groot visse in ‘n baie klein poeletjie.
As die groot visse te veel beginne raak vir die poeletjie, dan moet jy naderstaan om te kyk hoe die manne perform.
Man, en daar is altyd ‘n kamera in die nabyheid.
Hierdie plakkaatprinse is ook jamstelers van ‘n aard. Die habitat is nie moeilik om te vind nie. Gaan kyk maar net daar waar jy die geraas hoor.
Nou, die donker kant van die maan-brigade, die grensvegters, word gewoonlik met so een of twee vaderlike teregwysings terug op die man gehelp, maar die plakkaatprinse moet man maar so bietjie afblaas. Dan is daar weer ruimte vir ons klein vissies in hierdie dam. Sela.



