communityLocal newsNewsSchool sportSchoolsSpeak Out, Khuluma, PraatSportYouth Revolution

Ichthus atlete skitter by CMC atletiek!

Al drie atlete het met entoesiasme deelgeneem en hul bes gedoen en pragtige uitslae behaal!

Dit was met groot afwagting en entoesiasme dat 12 Ichthus leerlinge op Vrydag, Januarie 27 by die Endumeni CMC-atletiekbyeenkoms by Dundee Juniorskool aangemeld het.
Ichthus is baie trots op al die atlete wat ons skool se naam hoog gehou het en al hul items met ywer aangepak het. Op Vrydag Februarie 03 het Mabotse Mawila, Siphume Ntombela en Joyce Cibyayi deelgeneem aan die tweede ronde van die CMC-atletiekbyeenkoms vir ‘n plek in die Umzinyathi atletiekspan. Al drie atlete het met entoesiasme deelgeneem en hul bes gedoen en pragtige uitslae behaal! Die finale uitslae word afgewag. Ichthus wil graag die organiseerders en Dundee Junior, wat hierdie byeenkomste aangebied het, bedank!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button