Kruisvaart van ‘n Oudstryder
Hy is besig om deur die land te beweeg en by kerke te bid.
Marius Brand, ook bekend as Visvoet, is op sy eie tyd besig om ‘n merkwaardige ding reg te kry.
Ek het Adjudant-Offisier (Klas Een) Marius Brand dekades gelede een dag op ‘n warm dag voor ‘n wapenstoor in Oshakati (dit kon ook Ondangua gewees het, maar die herinneringe is vaag) raakgeloop, en ons het enkele woorde uitgeruil. Ek was in die Spesiale Tak en hy groepleier van een van die Polisie se vegspanne in die Noorde.
Baie jare later het ou Visvoet, groot en bonkig, lekepriester geword. Hy het geen spesiale teologie aangehang anders dan die Woord van God nie, en hy het net eendag besluit dat hy die Woord aan elke dorp in hierdie land bring. Hy het sy selfgeboude kruis met die woorde “Christus is Liefde” daarop agter in sy verweerde Isuzubakkie gelaai, bed gemaak, ‘n sak appels en ‘n Bloubulsteak gekoop, en die pad gevat.
Visvoet is geen opspraakwekkende televisieteoloog in die styl van Billy Graham nie, maar hy wen volgelinge sover as wat daai ou Isuzu deur die land trek. Hulle staan en wag hom langs die pad in, en kom staan by hom as hulle die groot kruis sien.
Vêr in sy geloofspad af, kom ry hy een middag Dundee binne, en skakel my. Ek haal hom graag aan:
“Nog dertien dorpe! Dan is ek klaar van dorp tot dorp gery met die hele land om Christus, Koning, Skepper en Verlosser te verklaar. Daarna gaan ek net groepe doen en die Skrifgebede oor die land bid! 2017 is die jaar! Prys die Here!”
Hy kry baie vroeg die volgende môre sy pad. Hy is besig om deur die land te beweeg en by kerke te bid. Marius, “So ry ek by King Shaka lughawe verby, ek sien ander bekende name soos ek voort ploeter op die Natalse platteland met sy swak paaie en so kom Bloedrivier ‘n paar keer op. Later is ek in Dundee en ek weet ek moet Bloedrivier toe. Hoop daar is ‘n kerk om by te gaan bid?”
Daar was ‘n kerk. Visvoet is geen opspraakwekkende televisieteoloog in die styl van Billy Graham nie, maar hy wen volgelinge sover as wat daai ou Isuzu deur die land trek. Hulle staan en wag hom langs die pad in, en kom staan by hom as hulle die groot kruis sien.
Stadig maar seker is hierdie forse man besig om sy stempel af te druk, en ek,vir een, is bereid om te verklaar dat ons nog meer van hierdie kruisvaarder gaan hoor.



