NG Kerk Moderator in Dundee: Nuwe waardes vir ‘n nuwe wêreld
Dominee Nelis was veral besorg oor die boodskap van die Kerk as liggaam aan sy gemeentelede in hierdie dae, en die plig van die kerk om die huidige regering aan te spreek oor wat dit tans mee besig is.

Die Moderator van die NG Kerk van Suid-Afrika, ds Nelis Janse van Rensburg het die NG Gemeente Dundee op Sondag, 12 Februarie en Maandag, 13 Februarie, besoek.
Die besoek was spesiaal gereël om saam te val met die Eeufeesjaar van die Gemeente. Die tema wat hy by drie geleenthede
bespreek is “Hoop vir die Kerk.”
Dit gaan veral aansluit by die tema wat hy met die afgevaardigdes hanteer het tydens die
Natalse Sinode gedurende Oktober 2017. Hy tree op tydens die Sondag met die oggenddiens om 9am, die aanddiens om 6nm en weer die Maandagand om 6.30nm.
Iets besonders was dat die gespreksgeleentheid op Sondag 12 Februarie om 3nm, waarheen alle kerkraadslede(gewone lidmate en predikante was egter ook welkom) genooi was om eerstehands te kom hoor waarmee die NG Kerk haarself by monde van sy strukture besig hou. Dit is seker die eerste geleentheid waar kerkrade die geleentheid het om op ‘n informele geleentheid in gesprek te kan tree met die Moderator van die NG Kerk en om hul eie vrae aan hom te vra.
Dominee Nelis was veral besorg oor die boodskap van die Kerk as liggaam aan sy gemeentelede in hierdie dae, en die plig van die kerk om die huidige regering aan te spreek oor wat dit tans mee besig is.
Daar word na nuwe waardes vir ‘n nuwe wêreld gekyk, en gemeentelede wat buite “op die stoep van die kerk” staan, moet deur ‘n nuwe missionale beweging weer ingetrek word. Interne gevegte moet prysgegee word as die kerk wil sterker raak, en intervensie in die armoede-siklus lê by voorskoolse kinders wat deur kleuterskooltjies oor die hele land binnegehaal word. Hy het klem gelê daraop dat dit belangrik is om ‘n eksklusiewe karakter van eeue oud prys te gee, en aanraking te vind met mense wat binnekoms soek.



