NG Kerk Bergville bied aan Stoepstories en Klipwerf Boereorkes
Hulle beloof ons vermaak uit die boonste rakke

Klipwerf is ons bekendste boereorkes in die land. Saam met die stoepstorie span van Potchefstroom beloof ons vermaak uit die boonste rakke. Ons hou die funksie in die ou boeresaal wat vandag die Bencor saal genoem word.
Die saal is pragtig opgeknap en beskik oor lieflike fasiliteite wat die aand baie gerieflik gaan maak. Daar gaan tafels uitgesit word in die saal waar almal lekker kan sit en kuier.
Die eetsaal is apart waar die kos bedien sal word. Veilige parkering is ook beskikbaar teenaan die saal.
Saam met die vermaak bied ons ‘n egte boere ete met gebraaide fillet as vleis gereg. Nagereg en koffie of tee sal ook beskikbaar wees.
By die fontein, kan na hartelus, dors geles word. Alles wat beodig word om die dors te les sal beskikbaar wees.
Verrigtinge sal omstreeks 18h30 afskop met stories wat u gaan laat krul van die lag. Klipwerf beloof om ons te laat skoffel en dans tot 24h00.
Die aand beloof om onvergeetlik te wees en bied die geleentheid om die beste boeremusiek in die land op te lewer. Bring almal saam en loop weer ou vriende raak.
Datum: Saterdag 25 Februarie 2017
Plek: Bencor Saal (ou Boeresaal) – Bergville
Tyd: 18h30
Kaartjies moet vooraf gekoop word @ R200 elk
Kaartjies is beskikbaar by Ds Gerhard de Lange NG Moedergemeente
of by Estelle by AlphaPharm Apteek naby Standard Bank
Kaartjie sluit ‘n Fillet ete in
Kontant kroeg beskikbaar
Skakel gerus vir Jacobus of Bam om enige veredere inligting te kry.
Kontak: Ba Potgieter – 0828250277
Ds Jacobus – 0726061661



