ATKV Redenaars DJS
Dit kan sonder twyfel gesê word dat DJS spog met ongelooflike talentvolle sprekers.

Op Maandag 13 Februarie, het DJS hul interne ATKV Redenaarskompetisie gehad. Dit kan sonder twyfel gesê word dat DJS spog met ongelooflike talentvolle sprekers.
Siende dat dit ‘n Afrikaanse kompetisie is, het leerders vanaf graad 1 tot 7, in Afrikaans, die beoordelaars van hul standpunt probeer oortuig! Ons leerders het hul fantasties van hul taak gekweit en dit was ‘n absolute voorreg om na al die sprekers te luister.
Groot dank aan DJS personeel en ouers wat hierdie leerders ondersteun het. U ondersteuning het bygedra tot die sukses van hierdie kompetisie.

Ons wens die volgende leerders geluk wat in die onderskeie kategorië as wenners aangewys is:
Graad 1-3: Mia van der Merwe (Gr 1)
Graad 4-5: Pieter Günther (Gr 5)
Graad 6-7: Susan Gregory (Gr 6) – Huistaal
Mumtaz Malek (Gr 7) – Eerste Addisionele Taal
Die eerste uitdunrondte van die ATKV Redenaarskompetisie sal plaasvind op 24 Maart 2017 te Huttenpark. DJS stuur ‘n rekordgetal – 26 sprekers! Baie sterkte aan al die sprekers!




