Local newsNewsSchoolsBreaking News

Redenaars – Provinsiale prestasie

Ons is baie trots op die skool se twee redenaars wat aan die finale ronde van EG Jansen-Redenaarskompetisie in Durban gaan deelneem het.

Uitgereik deur LMS

Ons is baie trots op die skool se twee redenaars wat aan die finale ronde van EG Jansen-Redenaarskompetisie in Durban gaan deelneem het.

Lianca Landman en Lené Janse van Rensburg het beide puik toesprake gelewer en slaag daarin om tweede in KZN te eindig. Dit is voorwaar ‘n puik prestasie en hierdie twee dogters het LMS se naam hoog gehou – baie geluk! Ons hartlike dank aan die personeel van LMS wat so betrokke is by redenaars en ‘n besonder dankie aan Mev. Tariena Marais wat ‘n leeue-aandeel in hierdie twee dogters se sukses gehad het. Mev. Marais se toegewydheid en liefde vir ons kinders en vir dit wat sy doen is ‘n riem onder die hart.

ATKV Redenaars: Verskeie van die skool se redenaars het aan die 1ste-Ronde van die ATKV-redenaarskompetisie te Newcastle deelgeneem. Die uitslae is nog nie bekend nie, maar LMS se sprekers het hulle puik van hul taak gekwyt. Geluk aan elke spreker en dankie aan die ouers vir hul ondersteuning.

Swem: Vier van ons swemmers het as lede van Vryheid Swemklub aan die Oostelike “Level” 2 & 3 SA-Streeksgala deelgeneem. Geluk aan die volgende leerlinge: Nadine van Wyk ( Level 3) – 100m Borsslag Brons, Zoë Richards (Level 2) – 50m Borsslag Goud; 100m Borsslag Goud; 50m Rugslag 7de, Ilani Lathleiff (Level 2) – 50m Vlinderskag 7de, Pierre Grobler (Level 2) – 50m Vlinderslag Silwer; 200m IW Silwer; 50m Rugslag 6de; 100m Rugslag 6de.

Gholf: Baie geluk aan Anika Smith, LMS se hoofdogter, wat die afgelope naweek as Noord-KZN se O/18 Gholfkampioen aangewys is. Sy het ‘n pragtige trofee ontvang en die skool is trots op haar.

LMS-Rugbyweek: LMS se derde rugbyweek word vanaf 3 – 5 April 2017 op die skool se velde aangebied. Nie minder nie as 7 skole woon hierdie week by en pragtige rugby gaan deur die O/11 en O/13 seuns opgedis word. ‘n Totaal van 320 seuns gaan die week bywoon en wedstryde gaan daagliks van 08:00 tot 18:30 plaasvind. Die publiek word hartlik uitgenooi om hierdie week te ondersteun. Heerlike verversings gaan ook elke dag beskikbaar wees.

Program: 30/03 Paasdiens, 30-31/03 NH Pongola, 30-31/03 Hokkietoer PMB, 2-4/04 LMS Rugbyweek.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button