Latest NewsLocal newsNews

WATCH: ‘n Lekker Flora skou

ONS wil graag namens die Floravereniging baie dankie sê aan die dames van Vryheid vir die entoesiastiese ondersteuning met die opwindende optrede van Grant Adam van Engadini uit Pretoria. Dankie ook aan TWK, ons hoofborg. Dankie, ook, aan Rita van Rita se Gastehuis, vir uitmuntende diens en smaaklike verversings. Ons bedank ook Rita se dogter, …

ONS wil graag namens die Floravereniging baie dankie sê aan die dames van Vryheid vir die entoesiastiese ondersteuning met die opwindende optrede van Grant Adam van Engadini uit Pretoria.

Pragtige blomme rangskikkings was oral in die gastehuis te sien.

Dankie ook aan TWK, ons hoofborg. Dankie, ook, aan Rita van Rita se Gastehuis, vir uitmuntende diens en smaaklike verversings. Ons bedank ook Rita se dogter, Louette, wat ons in vervoering gehad het met haar pragtige stem.

Die blomme rangskikkings was van skougehalte en bedank vir Leonore, Gisela en Karien wat hulle wonderlike talent aan ons gedeel het.

Ons het ‘n behoefte aan positiewe stimulering in ons land en ons dorp, te midde van al die negatiewe dinge waarmee ons daagliks gebombardeer word.

Dank ook aan ons uitstallers en almal wat hulle ondersteun het.

Baie dankie ook aan Vryheid Herald vir die fotos en reklame ten opsigte van ons funksie.

Nogmaals dankie aan almal.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button