Schuinshoogte Voortrekkers sê baie dankie aan diegemeenskap van Newcastle.
Hierdie projek was die inisiatief van Talischa en Miané de Kock, die Kommando Jeugleiers.
‘n Dag nadat ons op Facebook gevra het vir die gemeenskap se hulp om ons Knysna projek te ondersteun, het die donasies ingestroom na PnP Huttenhoogte en PnP Pioneerpark, baie dankie aan Chris en Chester Walters dat julle ons altyd ondersteun met ons projekte.
Hierdie projek was die inisiatief van Talischa en Miané de Kock, die Kommando Jeugleiers.
Schuinshoogte Voortrekkers is Newcastle se gemeenskap innig dankbaar vir elke skenking sonder u sou hierdie projek nie kon realiseer nie.
Dankie aan Vernon en Chantel van der Merwe van Konica Minolta wat vir ons, ons eerste vrag van 518.10 kilogram gratis sal vervoer tot in Knysna.
Kom laat ons jeug betrokke raak by die Voortrekkers. Waarom dan Voortrekkers? Wat maak Voortrekkers uniek? Ons uniekheid lê nie noodwendog in elke ding wat ons doen nie, maar hoe ons dit doen, deur te help vir die voortbestaan van Afrikaans, help om ‘n verskil in ons land te maak.
Ontwikkel jou Christelike geloof of verhouding met God en jou Christelike lewenswaardes, leer jou selfstandig dink ens. Kontak Pendie van Staden (Kommandoleier) 083 419 1123 vir meer inligting. Hou Koers.



