Local newsNewsSchoolsBreaking News

Hengelaars ken hul storie

Drie van LMS se leerlinge het die afgelope vakansie aan die SA Varswater Oewerhengel se Nasionale Toernooi deelgeneem.

Uitgereik deur LMS

Drie van LMS se leerlinge het die afgelope vakansie aan die SA Varswater Oewerhengel se Nasionale Toernooi deelgeneem. Jaiden Dippenaar, Anco Opperman en Carlo Strydom het aan hierdie toernooi deelgeneem as verteenwoordigers van die federasie-spanne. Hulle het baie goed gevaar en die volgende uitslae behaal: Carlo, wat in die uitnodigingspan is, eindig 1ste en ontvang ‘n goue medalje. Jaden is lid van die A-span en eindig 2de en ontvang ‘n silwer medalje. Anco is lid van die B-span en eindig 3de, waarvoor hy ‘n brons medalje ontvang. Baie geluk aan hierdie drie seuns met ‘n prag prestasie.

You might also want to read: Lucas Meyer Primary School – Ist Day of School

Krieket: Kort op die hakke van die o/13 A-span wat die liga gewen het, moes die o/11 A-span ook in die finaal vir die liga teen Michaelis speel. LMS kolf eerste en teken 78 lopies aan, almal uit. Michaelis steek hierdie totaal verby met die verlies van 6 paaltjies in 13 beurte en ons wens hulle baie geluk as liga wenners. Eric Beckford teken 14 lopies aan en Reinhardt Backeberg neem 4 paaltjies deur net 20 lopies af te staan. LMS se seuns het pragtig gespeel en ons is trots op hulle.

Ruitersport: Nina Terblanche het aan die SA Skole Ruitersport Kampioenskappe te Kyalami gedurende die Oktober vakansie deelgeneem. Nina het ‘n 5de en 7de plek gekry in verskillende klasse (dresseer en working riding). Daar was tussen 40 tot 50 ruiters per klas. Haar KZN-span het ook 2 derde plekke en een 2de plek verower. Baie geluk, Nina!

Program:

20-22 Okt – LMS Hengelkompetisie

26 Okt – Gr. RR Kersspel

Gr. R “Gradeplegtigheid”.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button