Editor's noteLocal newsNews

Plaaslike boere-uitreik na droogtegeteisterde landbouers in die Oos-Kaap

Cas het ook gemeld dat daar nog ongeveer R90 000 in die rekeninge oor is nadat hy alle uitstaande brandstofrekeninge betaal het.

Die hele ding het met ‘n video begin wat Cas Joubert, ‘n plaaslike boer van die Ingogo – omgewing, en die uiteindelike projekleier van hierdie hulppoging, ontvang het.
Die Courier het verskeie gerugte ontvang oor voer wat van plaaslike boere na Aberdeen, in die Oos-Kaap, geneem is as deel van ‘n uitreik na droogtegeteisterde landbouers, en die spoor het my gou gelei na Cas. “Ek het ‘n video gekry wat my laerskoolonderwyser, Lukas Fick, aangestuur het. Hierin vra Louis Lategan hulp vir die droogtegeteisterde Aberdeen-boere,” aldus Cas. Hy het ook die video aan die Courier beskikbaar gestel.
‘n Ander boer van die omgewing, Flip Potgieter, het die uitreik bevestig.
Hyself het oor die 30 ton mielies aan die projek geskenk.

Volgens Cas het hulle ‘n WhatsAppgroep vir hulle doeleindes aangewend. “Ons het onder die VS Groeiersgroep en vriende die woord versprei en vyf dae later het 13 trokke in die pad geval met 65 ton mielies, 10 ton sojasifsels, 120 big pack tefbale, 357 ronde bale gras en eragrostis en 200 vierkantige bale.
Van die trokke en van die diesel is ook geskenk,” het hy aan die Courier gemeld. Cas het verder sy groot dank aan al die skenkers wat die projek moontlik gemaak het, Arno Joubert en Malcolm Hatley wat die konvooi gelei het, Phillip Piek wat in Bloemfontein al die trokke volgemaak het by sy Engengarage by Grey Kollege, en die drywers waskamers en slaapplek gegee het, en ingestem het om eers die volgende Maandag betaal te word, konstabels Roman, Jooste, Van Eeden en November, van die Graaff-Reinet-polisie, wat die drywers in hulle patrolliewaens gelaai het om kos te gaan koop, en die konvooi al die pad van Graaff-Reinet na Aberdeen begelei het, en Dirk, van Newcastle Hi-Q, wat twee vragmotorbande wat as spaarwiele saamgeneem kon word, gegee het, oorgedra.
Die videogrepe wat Louis Lategan en Cas Joubert beskikbaar gestel het, het aangetoon dat droogtehulp van sover as Gauteng na Aberdeen gestuur is. Daar het aanvanklik fondse gekort om genoeg diesel aan al die trokke beskikbaar te stel om na hul standplase terug te keer, maar Cas Joubert het aan die Courier bevestig dat die voer vir ‘n nominale waarde aan die boere beskikbaar gestel was, soos byvoorbeeld die mielies, teen R400 ‘n ton.
Plaaslike boere het bevestig dat ‘n 50 kg sak mielies in die handel tot R160 kan kos.
Louis Lategan van Aberdeen het aan die Courier bevestig dat alle trokke weer uit Aberdeen vertrek, en veilig by hul onderskeie standplase aangekom het. Reeds 90% van die voer is deur die 49 ontvangerboere kom haal en na hulle plase toe geneem.
Volgens hom het die uiters dorre gebied vandag iets soos 18 mm reën gehad. Hy het ook gevra dat die Courier sy groot dank oordra aan alle skenkers wat meegedoen het, en het bevestig dat gerugte van onreëlmatigheid met die verkoop van die mielies van alle waarheid ontbloot is.
Cas het ook gemeld dat daar nog ongeveer R90 000 in die rekeninge oor is nadat hy alle uitstaande brandstofrekeninge betaal het.
Die fondse gaan aangewend word om of die ontvangerboere die geld wat hulle betaal het, terug te gee, of om 473 bale voer wat geskenk was, maar nog nie Aberdeen toe geneem is nie, wel soontoe te neem. Die rekeningbesonderhede is by die Courier of by Cas Joubert beskikbaar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Terry Worley

Terry Worley has been associated with the Courier for many years and is involved in the community covering a variety of issues affecting residents. He has a passion for local politics and for the history of the area.

Related Articles

Back to top button