NewsSchools

Ichthus ‘In die tuin’ Graad 7 Afskeid

Tydens die geleentheid het elke graad 7-leerder 'n toespraak gelewer en hulle is ook deur die naaste manlike figuur in hul lewens geseën. 'n Simboliese handeling om die agterlaat van een fase in hul lewens, en die binnegaan van 'n volgende fase voor te stel, is deur hul ouers/voogde uitgevoer.

Op die aand van die 23e November is op ‘n seënryke geleentheid afskeid geneem van Ichthus se graad 7-leerders.
Met die tema “In die tuin”, pragtig geklede graad 7-leerders en baie meelewende gaste, was dit ‘n aand om vir altyd te onthou – ‘n gepaste manier om Ichthus se 20 jaar-Feesviering mee af te sluit! Rondom tafels met ‘n keurige aandete, het gaste heerlik gekuier en saam seën ervaar.
Tydens die geleentheid het elke graad 7-leerder ‘n toespraak gelewer en hulle is ook deur die naaste manlike figuur in hul lewens geseën. ‘n Simboliese handeling om die agterlaat van een fase in hul lewens, en die binnegaan van ‘n volgende fase voor te stel, is deur hul ouers/voogde uitgevoer.
Dit bly ‘n voorreg om jaar na jaar op hierdie manier van ons seniors afskeid te neem.
Die seën van die Here was tasbaar en al die eer kom Hom toe!
Ons bedank elkeen wat meegehelp het om hierdie aand so ‘n groot sukses te maak, van harte!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button