NewsSchools

GELUK MATRIEKKLAS VAN 2017

Baie geluk 2017 se matriekklas met jul resultate.

Harde werk word beloon en saam met dit motivering van ouers en onderwysers is dit alles hulpmiddels om elke kind te laat fokus op hul studies.  Baie geluk 2017 se matriekklas met jul resultate.   72% van die graad wat slaag met vrystelling.  53% van die graad slaag met ‘n gemiddeld bo 60%. Die gemiddeldes lyk soos volg:  5 leerlinge het ‘n A – gemiddeld.

17 leerlinge het ‘n B – gemiddeld.  25 leerlinge het ‘n C – gemiddeld.

Ankia Saayman is Pionier se Dux leerling met ‘n gemiddeld van 88 %. Chezélle Stear behaal 86% gemiddeld. Carmen Gröpp behaal 85% gemiddeld. Anneke Engelbrecht 82% gemiddeld. Diaan Swanepoel 80% gemiddeld. Die matriekgroep behaal algeheel 97 A simbole, 132 B simbole, 129 C simbole en 124 D simbole.

Die beplanning vir 2018 se akademiese jaar is alreeds in November 2017 gefinaliseer en ons sal reeds vanaf die eerste skooldag aan die werk spring.

Ontvangs van nuwe leerlinge

Die koshuis, o.l.v. mev. Sumari Herbst en mnr. Johan Herbst is alreeds gereed vir die ontvangs van leerlinge. Die graad agt leerlinge meld aan by Lucas Meyer Koshuis en mnr. en mev. Smith sal alle graad agt leerders ontvang. Alle graad agt ouers en leerlinge word ook vriendelik uitgenooi om die personeel wat hul kinders onderrig, persoonlik te ontmoet. Ons sien uit daarna om julle almal Dinsdag, 16 Januarie 2018 om 12:30 by Pionier se skoolsaal te ontvang.

Program:

11 Januarie 2018 : Skoolkantoor  open

16 Januarie 2018 : Koshuis open. Ontvangs nuwe leerders en ouers.

17 Januarie 2018 : Skool open

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button