Amahle Gwala en Zandisiwe Maphalala, Graad 7-leerders in Ichthus, het na die semi-finale uitdunne van die ATKV Redenaarskompetisie deurgedring. Hierdie byeenkoms vind te Durban op 18 Mei 2018 plaas.
Amahle se tema: “As jy kan somme doen, kan jy hoop,” handel oor die voorbeeld wat deur mense, soos onder andere oudpresident Nelson Mandela, gestel is om te bewys dat Hoop lewend is! Zandisiwe redeneer tong-in-die-kies in haar toespraak: “Eerder ‘n uurglaslyfie, as ‘n suigstokkie-bokkie,” dat gesette, vrolike dames ‘n groot voorsprong het bo plankdun, suurgesig dames.
Ons is baie trots op hierdie dogters en gee eer aan die Here vir hulle talent, asook al die rolspelers in hul lewens wat bygedra het tot hul vaardigheid in Afrikaans! Soli deo Gloria!



