NewsSchools

DJS leerders vat 1ste plek by AKTV Redenaars

Op Donderdag, 22 Maart, het DJS se EG Jansen Redenaarsspan in Durban aan die KZN finaal deelgeneem.

Op 10 Maart, het 15 leerders van Dundee Juniorskool, by die ATKV Redenaarskompetisie se eerste rondte, in Newcastle gaan deelneem. Leerders het in verskeie kategorieë deelgeneem. Die volgende leerders het deurgedring na KZN se finale rondte:
Susan Gregory (Gr 5 – 7) en Mia van der Merwe (Gr 1 – 3). Baie geluk, ons is ongelooflik trots op julle!
Op Donderdag, 22 Maart, het DJS se EG Jansen Redenaarsspan in Durban aan die KZN finaal deelgeneem. Dit was ‘n dag vol spanning en opgewondenheid. Dian Bierbaum en Susan Gregory het eerste plek behaal, en die pragtige trofee gewen.
Baie dankie aan die ouers, sprekers en onderwysers. Dit is ‘n besonderse prestasie. Baie geluk!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button