14 Maart 2018 het personeellede en die beheerliggaam van Huttenpark Primêre Skool en –Kleutersentum (voorheen bekend as Bergsig Kleuterskool), gaste verwelkom om saam die bekendstelling van dié kleuterskool te vier.
Dit was ‘n glansryke geleentheid waartydens ouers, beheerliggamslede, onderwysers en genooide gaste die geleentheid gekry het om die nuwe opgradering van die kleuterskool te besigtig, asook die amptelike inwyding van die skool se nuwe naam te aanskou.
LEES OOK: Hutten Park Primary School announces prefects of 2018
Die gaste was verwelkom deur Talita Volschenk, huidige hoof van die Huttenpark Kleutersentrum, waarna Neiel Grobler, skoolhoof van Huttenpark Primêre Skool die verrigtinge in gelei het, met ‘n oorsig oor die geskiedenis van die skool.
Bergsig Kleuterskool is gestig in die laat 70er jare, onder die leiding van die destydse skoolhoof Bertie Badenhorst, saam met Dirk du Plessis, ‘n bekende in die dorp en eienaar van Draaiwaterplaas as die destydse voorsitter van die skool en sy vrou Lenie was ook nou betrokke.
Hulle het besluit om vir Dave Hay en Thys du Plessis te nader vir hulp en die skool se eerste klimraam is deur hulle installeer. Die skool het daarna van-krag-tot-krag gegaan en Dave is aangewys as die ouerraadvoorsitter in 1984, met Retha Botha as sekretaresse.
In 1983 het die skool R180 spandeer om ‘n afdak en sementblad te laat aanbou, wat deur Pieter Acketman waargeneem is.
LEES: GALLERY: #FirstDay2018 – Hutten Park Primary School welcomes its Grade Ones
Hesrter Delport is intussen aangewys as skoolhoof en na haar het Lorraine de Jager oorgeneem. Onder haar leiding het daar baie uitbreidings by die skool plaas gevind.
1983 was een van die belangrikste jare in die skool se geskiedenis.
Met die ontstaan van die kleuterskool in 1979 was verskeie pogings aangewend om ‘n perseel te bekom waaruit die skool bestuur kon word, na jare se gesukkel is daar ‘n portcamp geskenk aan die skool deur die destydse raad van Karbochem.
Die gebou en perseel waarop die skool gestaan het, asook die aangrensende erf is uiteindelik aangekoop vir R47 000, waarna die skool die departement van onderwys genader het. ‘n Boulening is aan hulle toegestaan en veranderinge is aan die bestaande skool aangebring.
In 1999, met die verandering van die skolewet, is Bergsig gekoppel aan Huttenpark Primêre skool, waarna die skool se beheerliggaam bestuur van die skool oorgeneem het. Op daardie stadium het die skool bestaan uit vier klasse met ‘n totaal van ongeveer 75 leerders in die skool.
Die skool het van krag-tot-krag gegaan en in 2015 het die leerdergetalle gegroei tot 140 leerders. In beiede 2016 en 2017 is nog klaskamers en nuwe badkamers aangebou.
In 2018 was die skool trots om aan te kondig dat dié fasiliteite uiteindelik benut kon word. Vandag staan die skool sterk met ongeveer 217 leerders, sewe onderwysers, agt versorgers, vier assistente, vier skoonmaakpersoneel, drie nasorgpersoneel ‘n sekretaresse en ‘n skoolhoof.
“Ons wil graag almal bedank wat bygedra het tot die sukses en uitbouing van die Huttenpark Kleutersentrum,” het mnr. Grobler trots aangekondig.
Die Huttenpark Kleutersentrum is werklik ‘n simbool van hoop en vooruitgang in Newcastle.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages.
Add us on WhatsApp today! 082 874 5550

You can also email our offices on Reveshni Douglas at reveshni@caxton.co.za or newsun@caxton.co.za Bruce Douglas at Newed2@caxton.co.za Tersia Gopi at newed@caxton.co.za Zianne Leibrandt at ncschools@caxton.co.za






