Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Radio Raps: Genuine pret wag op Newcastle vanaand – (KYK)

Met hierdie vertoning maak hy op skreeusnaakse wyse sy gehoor gewoond aan die idee van menswees en die swaarder dinge in die lewe en uiteindelik leer ons om die lewe met ‘n knippie sout te neem!

Genuine is Radio Raps se nuwe eenman-komedie, waarin die gewilde komediant gehore ‘n ander blik gee op allerdaagse lewe, die menslike natuur en menslike weerloosheid.

Met hierdie vertoning maak hy op skreeusnaakse wyse sy gehoor gewoond aan die idee van menswees en die swaarder dinge in die lewe en uiteindelik leer ons om die lewe met ‘n knippie sout te neem!

LEES OOK: GALLERY: Cheers to a jubilant time at the beer fest

Op 3 Augustus (Vrydag) kom maak Jonathan (Radio Raps) weer ‘n draai in Newcastle met dié nuwe produksie en gehore kan uitsien na ‘n aand van pret en histeriese gelag saam met The Pines Wedding and Conference Village en Vlam Paneelkloppers.

Vir Jonathan is die geheim van die lewe eenvoudig, geniet dit net.

“Boys, eintlik moet ons dit ernstig oorweeg om onsself minder ernstig op te neem!

“Geniet net jou lewe en volg jou hart.”

Die Pines is opgewonde om die vertoning hier in Newcastle te kan aanbied, en volgens Johan Pieters kan die gehoor uitsien na ‘n aand van terugsit, ontspan en lag oor die lewe.

“Die vertoning doen oral baie goed en ons sien baie uit daarna om deel te wees van al die malligheid,” het Pieters gesê.

Tyd loop uit, so kry jou kaartjies by The Pines Wedding and Conference Village en kom kuier vandag saam!

Vir meer inligting, skakel Johan Pieters by 034 318 1888.

Also remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages.

Add us on WhatsApp today! 082 874 5550

Remember to read our WhatsApp disclaimer.

You can also email our offices; Reveshni Douglas at reveshni@caxton.co.za – Bruce Douglas at Newed2@caxton.co.za – Tersia Gopi at newed@caxton.co.za – Zianne Leibrandt at ncschools@caxton.co.za and F.C. Pelser on sam@caxton.co.za 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button