KYK: Lollos en Lettie maak leer lekker!
Lollos en Lettie het kom kuier in Newcastle en die gehoor kon nie genoeg kry nie.

Lollos en Lettie het kom kuier in Newcastle en die gehoor kon nie genoeg kry nie.

Op 15 September was die saal van Laerskool Huttenpark stampvol opgewonde kinders en ouers wat saamgedrom het vir ‘n oggend van lekker lag, sing en dans saam met die immergewilde Lollos en sy maatjie Lettie.

Die kinders van Newcastle geniet hul gate uit saam met Lollos en Lettie.
Lollos en Lettie 10 jaar Basaar is een van die grootste vertonings van diƩ gedigte span en Saterdag het hulle weereens bewys dat leertyd net so lekker kan wees soos pouse!
Lank gelede het Lollos sy eerste toetrede tot die Afrikaanse vermaaklikheids bedryf gemaak en vandag, 10 jaar, nege CD’s en DVD’s, ‘n SAMA-, Tempo- en ‘n Ghoema-toekennning later, hou die gewilde marsmannetjie steeds gehore oraloor aan die sing met sy opvoedkundige dans en sing lawwigheid.
Ons almal onthou ons gunsteling kinderprogramme; daai een storie wat ons altyd kon laat skaterlag het, en met hul besoek in Newcastle het Lollos en Lettie virseker hul merk gelaat op die harte en herinneringe van die dorp se kleinspan.

Disco, een van Lollos en Lettie se groot vriende, gesels met die gehoor.
So volg bietjie in die voetspore van Lollos en Lettie en skop uit jou skoene, sit aan jou musiek en maak die lewe (en leer) weer lekker!









