Newcastle skrywer stel nuwe boek uit vanaand
Die boek bekendstelling vind op Augustus 14 plaas om 6nm vir 6.30nm en toegang is gratis.
The Pines Wedding and Conference Village nooi almal hartelik uit na die amptelike boek bekendstelling van Halley se Komeet, wat deur Hannes Barnard geskryf is.
Barnard sal selfs in Newcastle – waar hy gebore is – wees om meer oor sy boek te gesels. Die gebeure van die boek speel in die omgewing af. Vryheid skrywer, Dibi Breytenbach sal met Hannes ingesprek wees.
Die bekendstelling vind vanaand plaas om 6nm vir 6.30nm. Toegang is gratis.
ALSO READ: Author breaks the small town shackles
Oor Halley se Komeet:
‘n Treffende grootwordverhaal gedurende ‘n onstuimige era. Dit is 1986 in Suid-Afrika. Pete de Lange, ‘n 16-jarige Afrikaanse seun vanaf Dannhauser se lewe is in flarde.
Na ‘n insident tussen hom en Rudi, ‘n Indiërmeisie met die naam Sarita en Petrus, ‘n plaaswerker, het sy jaar verander asook sy lewe. Wat gaan die psigopatiese Rudi doen om sy lewe nog meer hel te maak?
Rudi was die een wat alles veroorsaak het. Sal hy betaal vir sy sondes nà wat hy aan Sarita gedoen het? Moet Pete polisie toe gaan? Sal hulle hom ooit glo? Ook, waarmee is Sarita se pa, Venny Naidoo besig gedurende sy geheime tweerigtingsradiogesprekke laat in die nag?
So baie drama vir ‘n tiener wat net wil eerstespanrugby speel en sy droommeisie, Renate se hart verower. ‘n Onwaarskynlike vriendskap ontwikkel tussen Pete, Petrus en Sarita, waar hulle elke Sondagmiddag in die geheim bymekaar kom by Venny se winkel.
Pete het gevoelens vir Sarita maar dit kan nie – sy is ‘n Indiërmeisie. Die spanning is snaarstyf in die Republiek waar onreg om elke hoek en draai skuil. Sal hulle vriendskap dit oorleef? Sal hulle vir Rudi oorleef? Of gaan die sondes van hulle vaders hulle inhaal?
Dit alles gebeur gedurende 1986, die jaar waartydens Hally se komeet ‘n draai kom maak…
ALSO READ: Q and A with Newcastle’s latest author
Contact us
WhatsApp: 082 874 5550
Email: Reveshni Douglas (Editor) at reveshni@caxton.co.za
Make sure you follow us for regular updates:



