Local newsNews

Mundell meet kragte in Algerië

Hy het tydens die kampioenskappe 'n silwer medalje in die Cadet Freestyle 92 kilogram-kategorie verwerf

Mundell Brown (Graad 11) het van 3 tot 7 Februarie die voorreg en eer gehad om aan die 2020 Kontinentale Stoeikampioenskappe in Algerië deel te neem.
Hy het tydens die kampioenskappe ‘n silwer medalje in die Cadet Freestyle 92 kilogram-kategorie verwerf.
Hoërskool Pionier is baie trots op jou, Mundell, jy is ‘n man van staal.
Pionier rugby-afrigtingskliniek:
Pionier se rugbyafrigters het die voorreg gehad om ‘n tweedag afrigtingskursus by te woon wat deur die voormalige Springbok- en Lionsafrigter, Swys de Bruin aangebied is by Pionier. Daar is voortdurend veranderinge in die reëls en spel van rugby en afrigters moet op hoogte hiervan bly om hulle sukses op die veld te kan verseker.
Swys het veral gefokus op die basiese beginsels van rugby met vaardighede van hoe om korrek af te rig en te ontwikkel.
Sy entoesiasme en ervaring as afrigter het gou al die afrigters geïnspireer.
Die kursus was baie spesiaal gemaak deur Swys wat op persoonlike vlak staaltjies met die afrigters kon deel.
Dankie aan Swys vir die waardevolle kursus en aan al die Pionier-afrigters se toewyding en deelname.
Netbalproewe:
Pionier se netbaldogters het op 13 Februarie aan die eerste ronde Filidi-proewe gaan meeding.
“Baie geluk aan 20 van ons dogters wat gekies is om aan die tweede ronde proewe vir die Bhekuzulu-streek deel te neem. Ons hou styf duim vas!”
Interskole-atletiek:
Op Saterdag (15 Februarie), het die atlete weer dou voor dag met groot opgewondenheid op die busse vertrek na Piet Retief om aan die Interskole-byeenkoms deel te neem.
Die atlete het weer puik uitslae behaal.
Hulle bring drie goue-, sewe silwer- en 15 bronsmedaljes huis toe.
Pionier is veral trots op Shanté Veldsman wat die trofee vir die beste senior dogters veldatleet ontvang het en Estiaan Botes wat die seuns onder-17-spiesgooi rekord met ‘n afstand van 55,57-meter verbeter het.
Hy het so ook sy persoonlike beste afstand verbeter.
“Baie geluk, ons is super trots op julle!”

ALSO READ: Sport -en Kultuurepresteerders is vereer

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Carlien Grobler

A community-based journalist at Vryheid Herald since 2019, reporting on everything from hard news to human interest stories and sports, keeping the community informed

Related Articles

Back to top button