KZNCSSA-Krieket: Welgedaan aan die volgende leerlinge wat op 8 Februarie aan die KZNCSSA-krieketproewe te Redwood Kollege in La Lucia, Durban, deelgeneem en baie goed gepresteer het: o-11 – Reuel Laloo en Izibongo Phakathi; o-12 – Musa Mazibuko en Raphael Mazibuko; o-13 – Panashe Chawanda. Ichthus is baie trots op hierdie spelers. Baie dankie aan Mnr en Mev Boshoff, wat ook as beamptes opgetree het, vir hul effektiewe afrigting. Aan God al die eer!
KZNCSSA-Gala: Baie geluk aan die 14 leerlinge wat op 15 Februarie aan die KZNCSSA-Gala te Lahee Park, Pinetown, deelgeneem het. Die skool is dankbaar dat dit so goed verloop het. Baie geluk aan Makayla Singh wat onder die top 10 in die Dogters o-6 tot o-9-ouderdomsgroep geëindig het. Ichthus eer God vir die kinders se talente en die geleenthede om hul talente te kan beoefen. Baie dankie aan Mev Petro Williams en Mej Sanica Williams wat as beamptes by die byeenkoms opgetree het.
Die resultate is soos volg:
Izibusiso Phakathi (o-8): brons medalje in 25m borsslag, vierde in 25m vryslag, vyfde in 25m rugslag.
Makayla Singh (o-9): silwer medalje in 25m vlinderslag, brons medalje in 25m vryslag en 25m rugslag, sesde in 25m borsslag.
Nokukhanya Mbonani (o-9): sesde in 25m vlinderslag, sewende in 25 borsslag en 25m rugslag, agtste in 25m vryslag.
Sibanisethu Mazibuko (o-9): vyfde in 25m vlinderslag en 25m borsslag, sesde in 25m vryslag en 25m rugslag.
Malusi Mbonani (o-10): sesde in 50m vlinderslag, sewende in 50m borsslag en 50m rugslag, negende in 50m vryslag.
Izibongo Phakathi (o-10): vyfde in 50m vlinderslag, sewende in 50m vryslag, agtste in 50m rugslag, negende in 50m borsslag.
Bianca Erwee (o-11): vyfde in 50m rugslag, sesde in 50m vryslag, sewende in 50m borsslag.
Orefile Jakwe (o-11): negende in 50m borsslag.
Jobekazi Sithole (o-11): agtste in 50m borsslag en 50m rugslag.
Siyathokoza Hadebe (o-11): vierde in 50m vlinderslag, sesde in 50m rugslag.
Mbali Chonco (o-11): brons medalje in 50m vlinderslag en 50m rugslag, vierde in 50m vryslag, sesde in 50m borsslage.
Musa Mazibuko (o-12): sesde in 100m borsslag, sewende in 50m vlinderslag en 100m vryslag, agtste in 50m borsslag, 50m rugslag en 100m rugslag.
Sinakho Mkhize (o-12): vyfde in 50m vlinderslag, 50m rugslag en 100m vryslag, sesde in 50m vryslag en 50m borsslag.
Panashe Chawanda (o-13): sesde in 50m borsslag en 50m rugslag, agtste in 50m vryslag.


HAVE YOUR SAY:
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram or email us at dundee.courier@caxton.co.za. Add us on WhatsApp 071 277 1394.



