Kinders kan nie op ‘n leë maag leer nie, sê SAVF
Die SAVF gaan die kinders en hul gesinne kospakkies voorsien om hulle te help om deur die verlengde vakansie te kom.

Terwyl die meeste Suid-Afrikaners rondhardloop om ‘n manier te vind om seker te maak skoolwerk raak nie agter nie, beroof die Covid-19-virus nou duisende kinders van hulle enigste bron van voedsel.
President, Cyril Ramaphosa het Sondag aangekondig dat alle skole, insluitend kleuterskole gesluit sal wees tot na die Paasnaweek.
Hierdie besluit, hoewel dit geregverdig is, het ‘n krisis geskep vir baie kinders wat afhanklik is van die kos wat hulle by die skool ontvang.
Benewens die feit dat hulle nie tuis eet nie, het die meerderheid van hierdie kinders bedags geen toesig nie en woon hulle in digbevolkte lewensomstandighede, dikwels met tussen agt en nege mense in ‘n huis.
Volgens die SAVF, ‘n organisasie sonder winsoogmerk wat daarop gemik is om ‘n beter lewe te skep vir kwesbare gemeenskappe soos kinders en bejaardes, is isolasie nie die veiligste opsie vir dié in armer gemeenskappe nie.
Die SAVF bestuur 31 sentrums vir kleuters in van die armste gemeenskappe in die land, wat ‘n toevlugsoord bied vir meer as 5 000 kinders.
“Die verlengde vakansie plaas geweldige druk op huishoudings,” sê Lizelle Minnaar, Bestuurder van SAVF Teletubbies-sentrum in Pretoria-Noord. “Die prys van medisyne en basiese sanitasieprodukte het geweldig toegeneem – in sommige gevalle selfs verdubbel sedert die begin van die jaar. Dit maak dit basies onmoontlik vir ouers om hierdie kinders in ‘n virus-bestande omgewing te hê, en daarom fokus ons daarop om hul immuunstelsel te versterk met gesonde kos en vitamiene.”
Die SAVF gaan die kinders, sowel as hul gesinne, van kospakkies voorsien om hulle te help om deur die verlengde vakansie te kom.
“Met die winter om die draai het ons warm klere en selfs ‘n kombers nodig, amper net soveel as wat ons kruideniersware en vitamiene nodig het.”
Dit is egter nie net kleuters wat swaarkry nie, maar ook die nege-miljoen leerders wat kos ontvang danksy die Departement van Basiese Onderwys se voedingsprojek. Suid-Afrikaners moet nou meer as ooit tevore saamstaan en nie net aan hulself dink nie; dit gaan verder as net die gebruik van seep en hoes in ons elmboë.
Mens moet minderbevoorregtes help en hulle voorsien van basiese benodigdhede soos genoeg kos en ‘n veilige omgewing tydens hierdie pandemie.
Om betrokke te raak of klere, kos of vitamiene te skenk, kontak die SAVF-nasionale kantoor in Pretoria by 012 325 3920 of stuur en e-pos na nviljoen-toet@savf.co.za
RELATED STORY: Feeding scheme launched at Siphuthando School
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as ‘fake news’) is circulating online. Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth, in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.

HAVE YOUR SAY:
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram or email us at dundee.courier@caxton.co.za. Add us on WhatsApp 071 277 1394



