
Pionier het op ‘n vars wintersoggend ons matrikulante terug verwelkom op ‘n manier wat geensins aan die begin van 2020 denkbaar was nie.
Elke leerder se temperatuur is gemeet en daarna is hulle hande ontsmet voordat hulle gemasker die skoolgronde binnegetree het. Hulle moes deurgaans ‘n afstand van 1.5 m uitmekaar handhaaf en sal vir die res van die jaar só moet maak.
Elke leerder moes ook ‘n vereiste vraelys invul. Gelukkig staar Pioniers enige uitdaging vas in die oë en maak hulle die beste van enige situasie. Ons is trots op elke leerder en ook baie opgewonde om hulle terug te verwelkom sodat ons 2020 suksesvol kan afhandel. Baie sterkte aan elke matriekleerling. Die harde werk lê nou voor. Dankie ook aan elke onderwyser wat dit so maklik as moontlik vir ons matrikulante maak om hulle tyd terug by die skool ten volle te kan benut. Aan die res van ons leerders wil ons ‘n versoek rig om steeds by die huis hard te werk. Ons vertrou om julle een van die dae weer te sien!
ALSO READ: Dit bly steeds ‘n plesier by Pionier
Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates






