
Die Graad 11s het op 29 Junie
terug gekeer na Pionier. Elkeen was gemasker en gereed vir die Covid-19 skoolgaantydperk wat vir hulle voorlê.
Daar lê egter ook vir ons Graad 11s harde werk voor om die res van die skoolkurrikulum onder die knie te kry.
Ons is opgewonde om meer van ons leerders terug te verwelkom. Die Graad 8 tot 10 leerders sal steeds hierdie week hul lesse op die Google Classroom ontvang,
totdat ons Graad 8 en 10 leerlinge volgende week, 6 Julie, sal terugkeer. Die Graad 9s sal die week daarna by ons aansluit. Ons is positief dat ieder en elk van die leerders goed sal aanpas by die nuwe reëlings wat in plek gestel is om ons skooljaar so
effektief as moontlik af te handel.
Graag herinner ons julle ook aan 2021 se aanlyn-inskrywingsvorms wat op ons webtuiste beskikbaar is. Gaan besoek gerus
www.pionier.co.za vir meer inligting en om die inskrywingsvorm af te laai.
Die inskrywings-proses is baie maklik en dit sal nie baie van julle tyd in beslag neem nie. Skakel ook gerus die skoolkantoor indien daar enige navrae is oor die inskrywings-proses.
ALSO READ: Pionier is aan die gang
Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates






