
Covid-19 is verseker ‘n uitdaging. So ook is dit vir ons koshuisleerlinge ‘n uitdaging by Hoërskool Pionier. Uit die hart van ‘n matrikulant:
“Het ons maar geweet dat 18 Maart die laaste normale skooldag sou wees; dat dit ons laaste sportwedstryd was;
dat dit die laaste koshuisweek met trollieresies, sêr oefening of koshuis fliekaand was.
As ons maar net geweet het….” “Wat ons van COVID geleer het, is om geduldig te wees.
“Ons het geleer om te luister, en meer as ooit, ander se gesondheid so hoog soos jou eie te ag! Ons het geleer dat masker dra nie so erg is, en 1.5m nie so ver is nie. Ons het nooit geweet dat die halfuurbreuke in die voorportaal só lekker kon wees nie. Maar ons weet dit nou. Hier, in die koshuis, druk ons saam deur. Harde werk lê voor, maar niks is onmoontlik nie.”
ALSO READ: Pionier -Gholfdag ‘n meesterlike sukses
Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates






