
Die graad 1-personeel van Lucas Meyer Primêre Skool het Maandag, 13 Julie 2020 hul liewe graad 1-leerders met oop harte terug verwelkom.
Dit is ook nie net die graad 1-personeel wat breed glimlag nie. Verlede week Dinsdag het graad R-personeel hul kleuters ook weer by die skool ontvang.
Graad R-, sowel as Graad 1-personeel is gereed om die terugkoms van hul leerders aan te pak, masker en saniteermiddel byderhand.
Mag elke graad R- en graad 1-leerder ‘n veilige, nuwe kwartaal ervaar.
“Ons kinders is ons grootste skat. Hulle is ons toekoms”
Nelson Mandela
ALSO READ: Nuwe gesigte by Lucas Meyer

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates






