NewsSchools

LMS is reg en gereed vir kwartaal 3

Op 24 Augustus 2020 heropen die skole amptelik. Graad RR tot graad 4 en graad 6 keer op hierdie datum terug

Kwartaal 3 is in volle swang vanaf 11 Augustus by Lucas Meyer. Welkom terug aan alle personeel en leerders. Voorspoed vir die nuwe kwartaal. Lucas Meyer spog met ‘n nuwe gesig, mej. Chanlie Liebenberg. Juffrou Liebenberg word deel van die graad 4 -span by LMS. Baie welkom juffrou Liebenberg.
Die hersiende skoolkalender lyk as volg:
Op 24 Augustus 2020 heropen die skole amptelik. Graad RR tot graad 4 en graad 6 keer op hierdie datum terug. Die skoolkantoor sal ook op Maandag 24 Augustus open. Graad 7 leerders is reeds vanaf 11 Augustus terug by die skool. Graad 5 leerders keer terug op 31 Augustus.
Die skool sluit op 23 Oktober vir ‘n kort vakansie en heropen op 2 November vir die begin van Kwartaal 4. Die amptelike sluitingsdatum vir die einde van die skooljaar is 15 Desember.
Die hoof en personeel wil graag hulle dank oordra aan elke leerder wat ten spyte van moeilike omstandighede steeds tuis aanhou werk het. Baie dankie aan die ouers van LMS wat die personeel en kinders so mooi ondersteun het. Die LMS-span se harte loop oor van dankbaarheid.

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Carlien Grobler

A community-based journalist at Vryheid Herald since 2019, reporting on everything from hard news to human interest stories and sports, keeping the community informed

Related Articles

Back to top button