Local sportNewsSportVryheid Herald

VRYHEID KZN: Manne vat ‘Spirit of Africa’ vas in Amarok-bakkies

Op hierdie stadium lê Jan Daniel en LD derde in die top 20

Die “Spirit of Africa” Amarok-kompetisie word jaarliks deur die bekende Sarel van der Merwe aangebied waarby daar ongeveer 1000 individue of 500 spanne is wat deelneem. Elke span bestaan uit ‘n drywer en ‘n navigator wat om die beurt die spoed gedeeltes en die tegniese gedeeltes van die baan ry. Die kompetisie behels dat Sarel van der Merwe ‘n baan laat bou en die baan dan self ry en ‘n teiken-tyd opstel wat die spanne moet probeer wen. Die 500 spanne word in groepe van 20 ingedeel om deel te neem in 25 rondtes.

Die “Spirit of Africa” bied die Amarok-bakkies aan waarmee die deelnemers ry. Jan Daniel Kruger het saam met sy spanmaat LD Kruger onlangs weer in die kompetisie deelgeneem. LD het die spoed gedeeltes van die baan gery en Jan Daniel het die 4 x 4 stadige tegniese gedeeltes van die baan gery. Dennis Jones, van Vryheid het ook in die kompetisie deelgeneem saam met sy spanmaat, Arthur Byrnes.

Uitdunne word gehou oor ‘n tydperk van agt tot 12 weke en aan die einde van die tydperk word die top 20 spanne gekies om aan die Spirit of Africa finaal deel te neem wat in September plaasvind. Op hierdie stadium lê Jan Daniel en LD derde in die top 20. Ons wens hulle alle sterkte toe vir die kompetisie.

ALSO READ: Vryheid’s JD Kruger named ‘toughest amateur off-road driver in the world

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button