NEWCASTLE KZN: Volkies bied geslaagde gholfdag aan
Met ‘n opkikker waarmee die spelers afgeskop het, het hulle die baan in ysige weer aangedurf.
Op Saterdag 1 Mei het Volkies ons 1ste jaarlikse gholfdag gehou, as deel van ons eeufeesviering.
Ten spyte van ‘n uiterse koue dag het die gholfers hulle nie laat onder kry nie, wat mee gebring het dat daar goeie spel gelewer was.

Met ‘n opkikker waarmee die spelers afgeskop het, het hulle die baan in ysige weer aangedurf.
Te danke aan Pretorius Attorneys se watergat op nommer sewe het die gholfers hulle gees behou en kans gesien vir ‘n tweede rondte.
Die kompetisie was in die vorm van ‘n better ball oor agtien gate.
Die uitslae is soos volg:
1ste – Johannes Madonsela en Eric Twala (47 punte)
2de – Michael Gomes en Sergio Gomes (44 punte)
3de – Ronnie Janse van Rensburg en Kobus Janse van Rensburg (44 punte)
4de – Xavier de Jager en Ricardo Gomes (42 punte)
5de – Peter Jacobs en Johannes Madonsela (42 punte)
6de – Waldo Muller en Ben Uijs (41 punte)
7de – Mandré Louw en Christiaan van der Schyff (41 punte)
8ste – Koos du Plessis en Marnus Uijs (41 punte)
9de – Ben Uys en Hanlie Uys (41 punte)
10de – Rall van der Merwe en Marno van der Merwe (41 punte).
Dames Longest drive – Zuzane van der Merwe
Mans Longest Drive – Johan van der Spuy
Closest to the pin – Zuzane van der Merwe
Take your best shot – Koos du Plessis.
Die tweede grootse sukses van die aand was die veiling ter stuiwing van die skool se fondse.
Waardevolle gedenkstukke van die skool was op die veiling aangebied.
“Hiermee wil ons ‘n groot dankie sê aan al die spelers en borge wat bydrae gelewer het om van hierdie dag ‘n groot sukses te maak.” Het die skool gesè.
“Voorwaar ‘n interessante dag wat niemand sal vergeet nie. Ons sien julle volgende jaar 1 Mei weer op die gholfbaan.”
Contact us
WhatsApp: 082 874 5550
Email: Reveshni Douglas (Editor) at reveshni@caxton.co.za
Make sure you follow us for regular updates:



