Newcastle KZN: Volksrust Hoërskool hou gesprek met top-presteerder, Lorene Wartington
Tans het ek ‘n goeie geleentheid in Nederland gekry en gaan vanaf September 2021 in Amstelveen gaan woon en werk saam met my man.

Volkies gesels met top presteerder, Lorene Wartington, waar sy ses onderskeidings en 94.5% as gemiddeld behaal het.
Dit maak haar een van die top-presteerders in die land!
Volkies wil graag weet wat dit is aan Hoërskool Volksrust wat leerders soos Lorene laat uitstyg bo die res of is leerders soos sy maar net baie talentvol gebore:
Gee bietjie meer agtergrond oor wat jy na skool gedoen het, waar jy jou tans bevind en waarmee jy jouself besig hou:
Ek het na skool Stellenbosch toe gegaan om te swot. Ek was nie seker gewees wat ek graag wil swot nie, so het eers medies geswot en daarna finaal besluit op rekeningkunde.
Ek het toe gekwalifiseer as ‘n Geoktrooieerde Rekenmeester en kort daarna ook geregistreer as ‘n ouditeur, waarna ek bevorder is na ‘n Ouditvennoot in ‘n firma in Stellenbosch.
Tans het ek ‘n goeie geleentheid in Nederland gekry en gaan vanaf September 2021 in Amstelveen gaan woon en werk saam met my man.
Anders as dit, geniet ons dit hier in die Kaap die afgelope 14 jaar – bergfiets ry, trail runs, scuba, surf en wynproe (natuurlik).
Was daar ooit enige twyfel in jou hart dat Volkies die skool vir jou is:
Nee glad nie.
Hoekom het jy Hoërskool Volksrust gekies as skool vir jou hoërskoolloopbaan:
Om naby aan die huis te wees.
Dink jy die plattelandse omgewing van Volksrust was tot voordeel of tot nadeel vir jou hoërskoolloopbaan:
Dit is ‘n voordeel, ek dink ek het baie meer blootstelling gekry as wat ek in ‘n groot skool sou kry waar baie kinders weg raak in die groep.
Wat het vir jou uitgestaan by Volkies oor die ? jaar wat jy daar spandeer het:
Goeie kultuur en deelname van alle leerders.
Akademie is sekerlik nie jou enigste talent nie. Het Volkies ander talente wat jy ontvang het ook bevorder of voel jy dat Volkies meer kon gedoen het:
Volksrust se sport en kultuur geleenthede was onverbeterlik.
Contact us
WhatsApp: 082 874 5550
Email: Reveshni Douglas (Editor) at reveshni@caxton.co.za
Make sure you follow us for regular updates:



