Local newsNewcastle AdvertiserNews

Volkies hou naelbytstryd teen Standerton

VHS kaptein, Bernhard Viljoen het slegs in die negende minuut die span se eerste doel aangeteken.

Volkies hou naelbytstryd teen Standerton –

Op 4 Mei 2022 het Hoërskool Volksrust se eerste seunshokkiespan te staan gekom teen Standerton in hul vyfde skoleligawedstryd van die 2022-seisoen.

M le Roux van Hoërskool Volksrust het gesê dat vir VHS het die kaptein, Bernhard Viljoen in die negende minuut die span se eerste doel aangeteken gevolg met sy tweede slegs ses minute later.

Standerton het verbete teruggeveg in die tweede kwart en het daarin geslaag om ook een van hul aanvalle te verdoel.

Volkies het in die derde kwart op dié poging geantwoord deur hul derde doel van die kragmeting aan te teken, hierdie keer deur die slim spel van Siyakholwa Tokwane.”

Standerton het in die laaste kwart teruggeveg en hul tweede doel van die wedstryd aangeteken. Na 60 minute se aanskoulike hokkie moes Standerton egter die knie buig voor VHS se volgehoue druk.

Vir sy verbete verdediging is Duwan van Niekerk aangewys as speler van die wedstryd.

Van harte geluk aan die spelers en hul afrigter met hul goeie vertoning.”


The news provided to you in this link has been investigated and compiled by the editorial staff of the Newcastle Advertiser, a sold newspaper distributed in the Newcastle area. Please follow us on Youtube and feel free to like, comment, and subscribe. For more local news, visit our webpage, follow us on Facebook and Twitter, and request an add on our WhatsApp (082 874 5550).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button