communityVryheid Herald

NG Vryheid Suid-Oos vier 75 jaar met kos en musiek

NG Vryheid Suid-Oos vier sy 75ste bestaansjaar met kos, musiek en saamkuier.

Die NG Gemeente Vryheid Suid-Oos het op 5 September sy 75ste bestaansjaar met ’n dag van kos, musiek en lekker saamkuier by die Pionier-sportvelde gevier.

Die koue weer het die inwoners egter nie afgeskrik nie. Vir dié wat wel opgedaag het, was dit ’n tipiese koue basaardag, die soort waar die koue eintlik deel van die atmosfeer word.

Die reuk van skaap-op-die-spit het deur die dag oor die terrein gehang en die vleis is later as aandete bedien. Families en vriende het saamgekuier terwyl die vieringe deur die dag voortgegaan het.

Die aand is daar op ’n groot skerm saam rugby gekyk, waarna Juanita, Ruan en Franja du Plessis vir die musiek gesorg het.

So het die gemeente sy 75ste jaar saam met gemeentelede en inwoners van die gemeenskap gevier, met goeie kos, musiek en genoeg geleentheid om sommer net saam te kuier.

Lees ook: Padda Hill Fun Enduro brings mud, bikes and action to Vryheid

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Carlien Grobler

A community-based journalist at Vryheid Herald since 2019, reporting on everything from hard news to human interest stories and sports, keeping the community informed

Related Articles

Back to top button