Dundee Courier

Jong skutsman FC is die ‘ware Jacob’

FC het onlangs, op 12-jarige ouderdom, sy NKZN-kleure verwerf.

Vanaf agtjarige ouderdom het dié knaap besluit om sy speelgoed-gewere te verruil vir ‘the real McCoy’.
FC Eicker het saam met sy pa, Derrick, en gesin begin skiet by Alwynkop Skietklub, Dundee, en Buffalo Skietklub, Newcastle. Wanneer dit by sy vaardigheid met ‘n vuurwapen kom, staan hy nie terug vir enige iemand nie en hy kompeteer graag met manne wat gereeld groot nasionale kompetisies skiet.

Hy het ook aan sy eerste nasionale PCC-kompetisie in Julie deelgeneem.
Sy uitslae by die ‘PCC National Champs’, wat op 22 en 23 Julie by die SANDF-baan in Pretoria gehou was, is soos volg: eerste plek uit drie rondtes vir die nasionale-span om Suid-Afrika te verteenwoordig by die 2025 ‘PCC World Champs’ in Csehoslovakia. PCC pistol calibre carbine, divisie vir IPSC (International Practical Shooting Confederation).
FC was die jongste skut, met vier jaar ondervinding, wat deelgeneem het.
Hy het vierde geeïndig in die Super Junior-afdeling (ouderdom onder 16). Al die ander skuts in sy afdeling was almal tussen 15 en 16 jaar oud. “Wel gedaan, FC, ons is baie trots op jou,” het Fritz Botes van die klub gesê.

HAVE YOUR SAY: Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram or email us at dundee.courier@caxton.co.za.  Add us on WhatsApp 071 277 1394.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button