Dundee Courier

Dundee Grondvlak bereik nuwe hoogtes met wynstap-fondsinsameling

Die wyn-drink-stoppe langs die pad het beslis gehelp met die droë kele op dié warm dag.

Grondvlak het op 2 Desember hul heel eerste ‘Grondvlak Wynstap vir Kanker’ op Corby Rock Farm in Dundee aangebied.
Grondvlak is ‘n nie-winsgewende organisasie wat veg vir die behoud en bewaring van die natuur, landbou en geskiedenis van ons mense.
Hierdie keer is daar op mense gefokus, met die doelwit om fondse in in te samel vir persone wie teen kanker veg.
Op ‘n snikhete somersdag van 35 grade Celsius het die dames saamgestaan en die vier kilometers aangedurf.

Die dag het verder ontwikkel in ‘n genotvolle sosiale kuier-aand terwyl daar aan canapés gesmul is.
Die aand is afgesluit met ‘n gelukkige trekking.

“Al die fondse wat op die dag ingesamel is, is net so oorbetaal aan kanker-vegters in ons gemeenskap.

“Ons kan met trots sê dat die staptog, sowel as addisionele skenkings ‘n astronomiese bedrag van R20,000 opgelewer het,” vertel ‘n trotse Elouna Erasmus.

Grondvlak wil graag almal wie die fondsinsameling bygewoon en ondersteun het ter harte bedank.
‘n Spesiale woord van dank aan al die borge wie bygedra het tot die sukses van die fondsinsameling.
Dankie ook aan René Vreken en Nicolene Spies vir die spyseniering.
Laaste maar nie die minste nie, Tertius Eyssen, wie vir ons die wyn georganiseer het, sowel as die vrywilligers wie kelners was en seker gemaak het dat almal se glase vol was.

Dankie aan al die ‘partners in wine’ vir jul onbaatsugtigheid tydens die organisering van die geleentheid.
Soos die Engelse spreekwoord sê: “When enough people rally behind a common goal, there are endless possibilities of what they can achieve.”
Ons sien uit na ‘Grondvlak Wynstap 2024’!
(Photos courtesy of: Memory Lane)

 

Team Eugene: Megan Hattingh, Marcelle Tschirpig, Magda Corbitt, Henriette Corbitt, Lynette Corbitt, Jayden Tschirpig en Antoinette Corbitt.
The group of walkers.
Corline Louw en Karla Muller.
On the trail…
Karen Glasgow, Maretha Kriel en Corne Jansen van Rensburg.
Frans de Jager en Elouna Erasmus.

HAVE YOUR SAY: Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram or email us at dundee.courier@caxton.co.za. Add us on WhatsApp 071 277 1394.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button