Local newsVryheid Herald

Aftree-oord blom tydens ATKV tuinkompetisie

Dit is voorwaar 'n oord om op trots te wees!

Die ATKV Paulpietersburg het op 21 Maart ‘n tuinkompetisie in die Aftree-oord van Paulpietersburg gehou. Die inwoners van die Aftree-oord is baie gesteld op hulle pragtige tuine en dit het groot opwinding veroorsaak. Blommetjies is geplant, bossies uitgetrek, randjies gesny en ekstra moeite is gedoen. Baie geluk aan die wentuine! Die ses wenners is as volg: Erika en Erhardt Niebuhr, Kurt en Karin Gevers, Ingrid Weinert, Ilse en Werner Harms, Irmi en Skoppies Meier, Ingrid en Erwin Eggers. ‘n Groot dank van waardering word aan al die borge uitgespreek. Om die dag af te sluit het die inwoners ‘n heerlike worsbroodjie-braai saam met die ATKV geniet terwyl daar ‘n hond-uit-‘n- bos gekuier is tussen die mooi tuine. Dit is voorwaar ‘n oord om op trots te wees!

ALSO READ: ATKV enables food security in communities

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

Related Articles

 
Back to top button