NKZN Jukskei-ligaseisoen en vooruitsigte vir die Suid-Afrikaanse kampioenskappe
Die KwaZulu-Natal Noord Jukskei-ligaseisoen het tot 'n einde gekom en is onlangs by Kingsley afgesluit met 'n gesellige saamspeel en saamkuier.
Dit was ‘n geleentheid om die seisoen te vier en spelers bymekaar te bring voor die komende nasionale kampioenskap.
In Februarie het KwaZulu-Natal hul finale keuring gehou om die spanne te kies wat die provinsie tydens die 2025 SA Senior Jukskei-kampioenskappe sal verteenwoordig.
Hierdie kampioenskap word vanaf 29 Maart tot 4 April in Jukskeipark, Kroonstad, aangebied.
KZN-spanne vir 2025 SA Senior Jukskei-kampioenskappe:
- Spanbestuurder: Yolanda Stoop (Voorslag – Kingsley)
- Vroue A1 (Uniewinkels Trofee): Anne-Marie Kapp (Suidkus), Annetjie de Klerk (Kaapse Wynland), Ester de Villiers (Newcastle) en Florinda Taylor (Vryheid).
- Vroue A2 (Pikkie Uys Trofee): Annatjie Zoet (Durban), Ina Wride (Suidkus), Annna-Marie Stevens (Fynnlands) en Daleen Roos (Newcastle).
- Senior Mans A1 (Kopersbond Trofee): Shaun McAlister (Newcastle), Hennie Claasen (Durban), Albert Stoop (Voorslag – Kingsley) en Walter Stoop (Voorslag – Kingsley).
- Mans Bo 50 A1 (Caltex Trofee): Antoon Claasen (Durban), Dons Vorster (Vryheid), Kobus Uys (Fynnlands) en Joseph de Klerk (Durban).
- Mans Bo 50 A2 (Slanghoek Trofee): Jimmy McAlister (Newcastle), Gerrie Olivier (Newcastle), Colin Kapp (Suidkus) en Pieter van Reenen (Suidkus).
Op Saterdag, 29 Maart, vind die Nasionale Dubbelspel Kampioenskap plaas, waar spelers in hul onderskeie afdelings slegs in dubbels sal meeding.
Die amptelike opening van die kampioenskap vind Sondagmiddag plaas, waarna van Maandag af ‘n minimum van vyf wedstryde per dag gespeel sal word.
Woensdag se hoogtepunt is die Streekwedstryde, waarna die nasionale spanne aangekondig word.
Donderdagoggend neem hierdie spanne deel aan internasionale wedstryde teen Namibië. Vrydag word die laaste drie wedstryde beslis, en die prysuitdeling sluit die kampioenskap af.
Ons wens al die KwaZulu-Natal-spelers sterkte toe en hoop op uitstekende prestasies!
The news provided to you in this link has been investigated and compiled by the editorial staff of the Newcastle Advertiser, a sold newspaper distributed in the Newcastle area.
Please follow us on Youtube and feel free to like, comment, and subscribe.
For more local news, visit our webpage, follow us on Facebook and Twitter, and request an add on our WhatsApp (082 874 5550).



