Local newsVryheid Herald

Paulpietersburg buurtwaglede kry opleiding in vuurwapenvaardighede

AfriForum lei buurtwaglede op as skietinstrukteurs om plaaslike veiligheid te versterk.

Dertien aktiewe AfriForum-buurtwaglede is oor die afgelope twee naweke in Paulpietersburg opgelei as skietinstrukteurs. Die opleiding, wat deur AfriForum se afdeling vir Gemeenskapsveiligheid aangebied word, fokus daarop om lede met die nodige vuurwapenkennis en vaardighede toe te rus sodat hulle basiese skietopleiding in hul eie gemeenskappe kan aanbied.

Die nuwe instrukteurs is deel van verskeie buurtwagstrukture in KwaZulu-Natal sowel as in Piet Retief, Mpumalanga. Hierdie opleidingsinisiatief vorm deel van AfriForum se breër strategie om plaaslike veiligheidstrukture te versterk deur spesialisopleiding en kapasiteitsontwikkeling op gemeenskapsvlak.

“Ons doel was om minstens twee instrukteurs per tak op te lei sodat hulle mekaar kan bystaan wanneer opleiding in hul gemeenskappe plaasvind,” sê Eugene van Aswegen, AfriForum se provinsiale koördineerder vir KwaZulu-Natal.

Volgens Jacques Broodryk, hoofwoordvoerder vir Gemeenskapsveiligheid by AfriForum, is hierdie opleidingsprogram reeds sedert September 2022 landwyd aan die gang. “Ons het al talle suksesvolle sessies regoor Suid-Afrika aangebied. Dit is deel van ons verbintenis om gemeenskappe te help om meer selfstandig en veerkragtig te raak. Wanneer burgers toegerus is met selfverdedigingsvaardighede, kan hulle proaktief optree om hul eie veiligheid te verbeter.”

Deur hierdie kursus word lede geakkrediteer as baanbeamptes en basiese skietinstrukteurs. Hulle bied hul dienste op vrywillige grondslag aan ander buurtwaglede en taklede aan en help met die reël van skietoefeninge in samewerking met plaaslike leierskap.

ALSO READ: AfriForum lays criminal charges against municipal managers

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Carlien Grobler

Carlien Grobler

Related Articles

Back to top button