Hoërskool Volksrust maak geskiedenis met dubbele Dux
Hoërskool Volksrust maak geskiedenis met twee Dux-leerders nadat albei ’n gemiddelde van 88,57% en sewe onderskeidings behaal het.
Hoërskool Volksrust vier vanjaar ’n besonderse mylpaal met die aankondiging van twee Dux-leerders. ’n Eerste in die skool se geskiedenis.
Jonathan Koekemoer en Nardos Mesfin het albei ’n uitmuntende gemiddeld van 88.57% behaal en elk sewe onderskeidings, wat hulle saam as dubbele Dux-leerders bevestig.
Top 10 Matriekkandidate (in volgorde):
- Jonathan Koekemoer
- Nardos Mesfin
- Thobile Dlamini
- Lathitha Galela
- Mohammed Hanslod
- Siyamthanda Matona
- Hanifah Yusufu
- Janco Nel
- Tyra Janse van Rensburg
- Jessica Delport
Die top drie kandidate het almal ’n gemiddeld van bo 80% behaal: Jonathan Koekemoer – 88.57%, Nardos Mesfin – 88.57%, en Thobile Dlamini – 82.43%
Vakonderskeidings:
Jonathan Koekemoer
Engels Huistaal – 89%
Afrikaans Eerste Adisionele Taal – 92%
Wiskunde – 86%
Lewensoriëntering – 89%
Rekenaar Toepassingstegnologie – 92%
Ingeneursgrafieka en Ontwerp – 90%
Fisiesewetenskappe – 82%
Nardos Mesfin
Engels Huistaal – 91%
Afrikaans Eerste Addisionele Taal – 88%
Wiskunde – 85%
Lewensoriëntering – 83%
Rekeningkunde – 94%
Lewenswetenskappe – 92%
Fisiesewetenskappe – 87%
Thobile Dlamini behaal 5 onderskeidings in:
Engels Huistaal – 86%
Afrikaans Eerste Addisionele Taal – 90%
Lewensoriëntering – 81%
Rekeningkunde – 87%
Rekenaar Toepassingstegnologie – 85%
Erkenning aan onderwysers: Me. Nicolene le Roux met nege onderskeidings (Afrikaans Eerste Addisionele Taal), Me. Mariaan Pringle met sewe onderskeidings (Wiskundige Geletterdheid), en Graad 12 Lewensoriëntering-onderwysers met ses onderskeidings.
Vakke met die hoogste gemiddeldes: Engels Eerste Addisionele Taal (Me. Marika Rossouw)
met 63.89% , Engels Huistaal (Me. Senzy Khumalo) met 63.27%, en Afrikaans Eerste Addisionele Taal (Me. Nicolene le Roux) met 61.89%.
Verder het: Afrikaans Huistaal (Mnr. Martin le Roux) ’n gemiddeld van 60.63%, Wiskundige Geletterdheid (Me. Mariaan Pringle) ’n gemiddeld van 60.38%, en Lewensoriëntering ’n gemiddeld van 60.79%.
Slaag- en vrystellingsyfers: 65.37% van leerders het met Baccalaureusvrystelling geslaag, en 20.19% het met Diplomavrystelling geslaag.
Alhoewel Hoërskool Volksrust nie ’n 100% slaagsyfer behaal het nie, is hulle uiters trots en baie tevrede met hierdie puik uitslae. Die skool wens elke matrikulant en elke personeellid geluk wat bygedra het tot hierdie merkwaardige prestasie!

The news provided to you in this link has been investigated and compiled by the editorial staff of the Newcastle Advertiser, a sold newspaper distributed in the Newcastle area. Please follow us on Youtube and feel free to like, comment, and subscribe. For more local news, visit our webpage, follow us on Facebook and Twitter, and follow us on our WhatsApp Channel



