Pionier-atlete blink uit by Interhuis en Zululand Gala
Rekords val, trofeë word oorhandig en Pionier-leerders blink uit in atletiek en swem.
Die atmosfeer was vol opwinding en sportiewe gees tydens die jaarlikse Interhuis-atletiekbyeenkoms, wat op Donderdag, 22 Januarie, plaasgevind het. Leerders het met ywer en vasberadenheid deelgeneem. Die dag was ’n groot sukses en het talle uitstekende atletiekprestasies opgelewer. Die dag is afgesluit met die oorhandiging van die trofeë. Baie geluk aan die volgende atlete:
Langafstand Junior Seun: Frans Meyer, Langafstand Junior Dogter: Talicia Volschenk, Langafstand Senior Seun: Nathan Nel, Langafstand Senior Dogter: Elaine Barnard, Theuns Beleggings Naellope – Ope Seuns: Gerber Diedericks, Ds. Pieter Basson Naellope – Ope Dogters: Charissa Volschenk, Herman Combrinck Velditems – Ope Seuns: Christo Diedericks, Velditems – Ope Dogters: Liané v Zyl,
Spiesgooi: Sarah Kgonono, D. Wenning Spiesgooi – Ope Seuns: Gerber Diedericks,
Klopper Hoogspring: Conner Wilson, M. Fourie Senior Hekkies: Nathan Nel, D. Wenning Junior Hekkies: Karlien Barnard, D. Wenning – Ope Seuns Hekkies: Joshua Buys, A. Venter Skyfwerp: Lenard Grobler, Verspring – Ope Seuns: Christo Diedericks, Verspring – Ope dogters: Johané Jansen, Hoogspring – Ope seuns: Joshua Buijs, Hoogspring – Ope dogters: Anje Erasmus, Driesprong – Ope Seuns: Matthew Greyling. Gewigstoot – Ope Seuns: Christo Diedericks, Aflos 4 x 400 m – Ope Seuns: De Wet, Husqvarna Dogters Wenlaer: DISA, Kampioenskild (Seuns Wenlaer): DE WET, Shirley Engraving (Gesamentlike Wenlaer) MINJOWET (Minjonet en De Wet).
Rekords verbeter tydens atletiekdag
Baie geluk aan die volgende atlete wat rekords verbeter het, Rowan Mc Donald het die seuns o/16 gewigstootrekord van 2009 met ‘n afstand van 14.17m, verbeter. Elaine Barnard het die dogters o/17 verspringrekord wat al van 2013 af staan met ‘n afstand van 4,82m, verbeter. ‘n Graad 8 seun, Jozua Rabe het ‘n rekord wat al vir 11 jaar staan in die 100m seuns o/14 met ‘n tyd van 12.58s verbeter.
Victor- en Victrix Ludorum-toekennings
Nathan Nel is aangewys as Senior Victor Ludorum, terwyl Elaine Barnard die titel van Senior Victrix Ludorum ontvang het. In die junior afdeling het Theo Roberts en Karlien Barnard onderskeidelik die Junior Victor- en Victrix Ludorum-titels verower.
Die Interhuis-atletiek het nie net sportmangees en spanwerk bevorder nie, maar ook die hoë standaard van atletiek by die skool bevestig.
Pionier-leerders presteer by Zululand Gala
Baie geluk aan al ons leerders wat op Saterdag, 24 Januarie, aan die Zululand Gala deelgeneem het. Met trots, toewyding en goeie sportsmangees het julle die skool se naam hoog gehou. Julle harde werk en deursettingsvermoë word raakgesien. Pionier is trots op elkeen van julle. Uitslae is soos volg:
LIN-MARI VAN NIEKERK
· 50m Vryslag – tweede plek;
· 50m Vlinderslag – tweede plek;
· 100m Vryslag – derde plek.
CARLI EYBERS
· 50m Vlinderslag – eerste plek;
· 50m Rugslag – eerste plek;
· 50m Vryslag – eerste plek;
· 100m Vryslag – eerste plek.
LELANIE MARAIS
· 50m Borsslag – eerste plek, maar beseer haar skouer en kon nie verder deelneem nie.
MARKUS ERASMUS
· 50m Borsslag – eerste plek;
· 50m Rugslag – eerste plek;
· 100m Rugslag – eerste plek;
· 100m Borsslag – tweede plek;
· 200m Rugslag – eerste plek;
· 200m Borslag – tweede plek;
· 200m IM – eerste plek.
MARNUS PRETORIUS
· 50m Vryslag – eerste plek;
· 50m Vlinder – eerste plek;
· 100m Vryslag – eerste plek;
· 100m Vlinderslag – eerste plek.
REINHARD MEYER
· 50m Borsslag – eerste plek;
· 50m Vryslag – tweede plek;
· 100m Borsslag – eerste plek;
· 200m Borsslag – eerste plek.
The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.



